Ek kry gereeld die navraag oor hoe om room styf te klits, of hoe lank kan styf geklitsde room in die yskas gehou word of hoe kan ek karamel of selfs roomkaas of die Kondensmelk versiersel stabiliseer dat dit nie smelt. Wel hierdie volgende tegniek kan gebruik word om ‘n volume van 1 liter te stabiliseer.

Wenk
Ek stabiliseer altyd my karamel. Onthou baie mooi dat suiker higroskopies is, dit beteken dat suiker alle moontlike vog wat in die lug is na homself aantrek om op te los. Dus al is dit in ‘n dik massa sal dit verseker loperig raak en souserig word. Deur di gebruik van gelatien as ‘n natuurlike stabiliseerder kan mens hierdie waterigheid en smelt teen werk. 

Vir Karamel of roomkaas stabiliseer jy soos volg:

1 blik gekookte kondensmelk / caramel treat kamertemperatuur
320 g roomkaas kamertemperatuur anders gaan gelatien plastiek drade maak

50 ml kookwater

1 t gelatien opgelos in kookwater, roer goed totdat dit soos stroop lyk of sit die houertjie in bietjie kookwater om warm te word en roer weer.

Klits die roomkaas of karamel tot glad, maak seker beide is by kamertemperatuur vir ‘n uur om die ergste koue te laat wyk.

Skep die gelatien in ‘n mengbak en plaas lepel vir lepel van die verroomde roomkaas/karamel by soos jy die heeltyd bly klits.

Onthou spuit dit dadelik want die mengsel sal stol in die yskas sou jy dit wou stoor. Dan sal jy dit weer moet smelt om spuitbaar te maak by kamertemperatuur.

Room stabilisering opsie 1

400 ml, koue room (100 ml verhit) res koud

50 ml kookwater

1/2 t Rolkem Dyocell of CMC of Tylose opgelos in die kookwater en dan by die koue room geklits

Room stabilisering opsie 2
1 k ys koue room
2 e versiersuiker
4 e melkpoeier

Voeg die versiersuiker en melkpoeier by die yskoue room en klits tot dik.

Room stabilisering opsie 3
1 k room
100 g roomkaas
1 t vanielje geursel
4 e versiersuiker

Klits die roomkaas en vanielje geursel tot lig en donsig.

Voeg dan die res van die bestanddele by en klits tot dik.

Nota:
1. Die Mascarpone versiersel is ‘n Roomkaas/Mascarpone versiersel resep wat reeds stabiliseer is, loer gerus na die metode by die skakel.

2. Vir die Kondensmelk versiersel smelt 15 ml gelatien in 50 ml kookwater en klits dan eers by die geroomde margarien/botter en kondensmelk voordat die sjokolade bygevoeg word.

Bron: www.annelienpienaar.co.za uittreksel uit: Koekversier en bak klas. Sien Klasse op die webtuiste.