‘n Geurige doopsous met vars kruie saam met ‘n groente bord, samoosa’s, pasteitjies en vele meer is net genoeg om jou gaste se smaak kliere aan die dans te kry.
250 ml (1 k) dubbel dik Griekse joghurt
½ k vars ment blare in gedruk (ek hou van die sjokolade geur) daar is spearmint, peppermint…jy kan mal gaan.
1 knoffel toontjie fyn gedruk of 5 ml knoffel (opsioneel as jy nie van knoffel hou of ‘n knippie uie poeier)
15 ml (1 e) vars suurlemoensap
15 ml (1 e) 1 e heuning
Knippie sout en peper na smaak
Kap die blare van die mint so fyn soos jy verlang. Dit kan grof of selfs puree word. Dit is persoonlike keuse. Meng alles saam en laat vir ‘n dag om geure te laat ontwikkel indien moontlik. Raklewe is 7 dae.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2020
Hoeveelheid: 300 ml die resep verdubbel met gemak.
Hallo Annelien
die ment blare is dit kruisement sien jy praat van sjokolade geur?
moet die blaare gekneus word, of druk jy dit net in
Baie dankie
Carolina
Hallo Carolina, loer asb in die bestanddele lys dui ek aan so fyn na smaak soos dit jou pas. Groete Annelien