My ma se Lebkuchen was legendaries en graag deel ek hierdie lekker ietsie van ons Bezuidenhout kos tradisies. Die een groot geheim egter was my ma se keuse vir sjokolade. Sy het altyd die beste kwaliteit egte couverture sjokolade gekoop. Sodra jy ‘n hap van die koekie neem moet die sjokolade al so in die hand begin smelt. Hierdie lebkuchen is gepak met speserye en is presies soos die Duitsers dit sal maak. Hoop julle geniet hierdie hartlike heerlike koekie.

250 g koekmeel / plain flour
85 g amandel meel / ground almond (pecans works well too)
10 ml (2 t) fyn gemeer / ground ginger
5 ml (1 t) fyn kaneel / ground cinnamon
2.5 ml (½ t) koeksoda / bicarbonate of soda
5 ml (1 t) bakpoeier / baking powder
200 ml heuning / honey (vee maatkoppie met olie uit dan sal heuning maklik uit kom)
15 ml (1 e) suurlemoen zest / lemon zest
85 g botter / butter
Knippie van elk: fyn naeltjies, neutmuskaat, swart peper / pinch each ground cloves, grated nutmeg and black pepper

200 g goeie kwaliteit coverture sjokolade soos Lindt, Calebaut en vele meer.

Sif al die droë bestanddele saam en hou eenkant.

Verhit die heuning en botter in ‘n klein kastrol oor lae hitte tot dat die botter gesmelt het, MOENIE kook nie. Voeg hierdie mengsel by die meel asook voeg nou die suurlemoen zest by. Knie die deeg totdat alles mooi bymekaar bly. Druk plat en sit in ‘n sakkie en verkoel vir 60 minute.

Voorverhit die oond na 180C. Jy kan hier nou ‘n paar maniere toepas om die koekies te vorm. Tradisioneel sou bolletjies gerol word. Indien dit is wat jy wil doen deel die deeg in 30 stukkies, deur die deeg in ‘n rol te vorm en so te verdeel. Alternatiewelik kan die deeg uit gerol word tot ‘n dikte van 5mm en dan in vormpies gesny word en ook met tekstuur rollers afgerond word.

Bak die koekies vir 15 minute en onthou om altyd ‘n twee vinger spasie tussen koekies te hou sodat dit kan uitsit en nie in mekaar vas rys op die panne. Ek verkies die silikoontipe velle om op te bak, loer gerus vir hierdie velle in my aanlyn winkel.) Of bakkerspapier sal ook perfek wees. Sodra die koekies klaar gebak het, verwyder uit die oond en tel die koekies oor na ‘n afkoel rak. Sodra die koekies klaar afgekoel het versier met sjokolade.

Smelt die sjokolade in die mikrogolf soos volg: breek die sjokolade as dit in plakkies is, eers baie fyner op deur met ‘n rolstok te kap. Plaas in glas bak en op 100% krag draai vir 10 sekondes, stop roer, draai weer vir 10 sekondes, stop en roer. Hou so aan totdat die sjokolade gesmelt is.

Doop of druk die koekies in die sjokolade en laat af drup en stol op bakkerspapier.

Bron: Annelien Pienaar, 2020, www.annelienpienaar.co.za

Hoeveelheid: 30 koekies