As jy jouself nou regtig heerlik wil bederf dan maak jy vir jouself hierdie geurige en verfrissende “Smoothie”. Ek het soveel lassi’s al by my Indiese vriendin geleer maak dat die Mango en die Avo vir my die heel lekkerste is. Sy het gee resep nie en gooi net alles by mekaar. Daarom dat ek eers ‘n paar keer die resep gemaak het om die resep te standardiseer en almal dit met sukses kan maak en die smaak ontploffing met my kan deel.

Ek het slimmer geword deur die jare as ek smoothies maak mbt die fynkap van ys. Kap die ys eers in ‘n vadoek tot redelik klein en voeg dan by die mengsel in die voedselverwerker en kap dan verder fyn. Jy spaar jou lem en jou motor hou ook langer. MAAR met die hulp van ‘n Bamix Swissline of BBQ  sal met min moeite fyn ys maak.

Wenk: Wanneer daar mango’s in seisoen is, skil en plaas in zip lock sakkie, druk lug uit en seel dig. Die vrugte sal vir 6 maande goed vries. Sny vooraf in klein blokkies vir toestelle om die mengsel makliker te kan verwerk.

1 k Mango, ryp, in blokkies
1 Piesang, gekap
500 ml Gewone yohurt of Kefir of Karringmelk
30 ml Suurlemoensap
½ t Kardamom, fyn
100 ml Heuning
3 Ysblokkies

1. Plaas al die bestanddele behalwe die ys in ;n voedsel verwerker en maak dit baie fyn in ‘n puree. Voeg die ys by en kap fyn.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2020

Hoeveelheid: 2 – 4 porsies.