Die Vegan dieet of leefstyl is aan die toeneem reg oor die wêreld en so ook die vraag na gebak sonder eiers. Hierdie is ‘n heerlike klam gluten- en eiervrye resep wat die hele gesin sal geniet sonder om te weet dat dit Vegan is.

Wenk: Kan ook as ‘n muffin gebak word, pas die baktyd aan na 35 minute by 180C

15 ml (1 e) flax meel (dood gewone flax sade wat fyn gemaal is)
45 ml (3 e )water
1 k glutenvrye meel
½ k kakao
1 t koeksoda
Knippie sout
1 k fyn piesang (ongeveer 3)
1/3 k klapper olie gesmelt
¾ k klapper suiker
1 t vanielje geursel
¾ k vegan chocchips

Voor verhit oond na 180 C. Smeer ‘n piesangbrood pannetjie.

Klop flaxseed met water en rus 10 minute om te verdik.

Meng die droe bestanddele saam.

Meng al die vloeistowwe saam.

Meng nat en droog saam. Oppas vir te veel meng.

Skep in gesmeerde pannetjie en bak vir 55 minute.

Die broodjie moet goeed afkoel in die pannetjie voordat jy dit uit keer. Die boodjie is regtig baie bros en moet koud word.

Nutrient inligting per snytie: 238 caloriee, 11 g fat, 37 g carbs, 4 g protein
Lewer 10 snye

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2020 deur Annelien Pienaar