Piesang koek is heerlik, die tekstuur is ragfyn en super sag. Ek hou van ‘n knippie kaneel, gemmer en neutmuskaat by om die piesangs te komplimenteer. Die Pampoenspeserye of Speculaas kruie resep op die webtuiste is ook heerlik in hierdie resep. Gebruik ongeveer ‘n kwart teelepel of na smaak.

340 g (1½ k) piesangs, fyn gedruk en oorryp
30 ml (2 e) suurlemoensap
420 g (3 k) koekmeel, gesif
7.5 ml (1½ t) koeksoda
5 ml (1 t) bakpoeier
1ml sout
170 g (3/4 k) botter
200 g (2 k) suiker…vir ‘n donkerder koek…sagte bruinsuiker ingedruk
3 ekstra groot eiers
10 ml (2 t) vanielje ekstrak
375 ml (1½ k) karringmelk

  1. Voorverhit die oond tot 160℃, berei ‘n ronde koekpan voor 23 cm tot 25 cm mate.
    2. Voeg suurlemoensap by fyn gedrukte piesang.
    3. Meng koekmeel, sout, koeksoda en bakpoeier saam.
    4. Room botter en suiker saam tot lig en sponsig.
    5. Klop die eiers een vir een by totdat weer lig en donsig.
    6. Voeg vanilla by die eiermengsel.
    7. Meng al die bestanddele om die beurt met mekaar. Begin om die meel en dan die karringmelk by die eiermengsel in te roer.
    8. Bak by 150℃ vir ongeveer 60 minute. Toets die koek op 60min as die toetspen skoon uitkom dan is die koek gaar.
    9. Plaas die koek net so in pan in die vrieskas vir 45minute totdat dit heeltemal koud is, maar die koek kom sponsig en klam uit die vrieskas…dit werk. Ek weet dit is nie huishoudkundig korrek om warm goed in ‘n vrieskas met ander kos te sit…so wees maar waaksaam en haal liefs goed wat kan skade kry uit en plaas in koelhouer. Pan…23-25cm ronde koekpan of ‘n 19cm broodpan of ‘n groot ringkoek pan kan gebruik word met dieselfde baktyd.

Versiersel
½k Sagte botter
250g Roomkaas, kamer temperatuur
1e Vanilla
3½k Versiersuiker

1. Klits eers die botter tot lig en donsig en klop die roomkaas by.
2. Op stadige spoed meng die versiersuiker by met die vanilla. Sodra die poeier verdwyn klits van vinnig totdat die versiersel glad is.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2015

Hoeveelheid: 1 x 23 cm -25 cm koek.