Daar is niks so lekker om jou eie roomkaas te maak. Dit is eintlik baie vinnig en jy kan self besluit hoe droog of nat die roomkaas moet wees. Vir karringmelk en ook Amasi word volrmoom melk tydens hierdie produksie gebruik. Vir hierdie resep kan jy dus beide produkte in sy klaar vervaardigde formaat koop. Indien jy meer wil leer oor suiwel produksie is jy welkom oom my te kontak vir ‘n suiwel produksie klas.
Persoonlik verkies ek om my roomkaas te maak van Amasi. Amasi is nie verdik nie en dus sal die wei baie makliker dreineer as van karringmelk dus, sal die proses vinniger verloop. Dreinering vind by kamertemperatuur plaas sodat wei maksimaal onttrek kan word. GEEN yskas asb. Eers as jy klaar gewerk het verkoel of vries.
Roomkaas vs Maaskaas: Vir roomkaas voeg 250 ml room per 2 liter Amazi/Karringmelk by en dreineer soos hier onderder uiteengesit tot goed droog. Vir Maaskaas: Dreineer tot dikte van jou keuse en sonder room.
Benodighede vir Heerlike Roomkaas: maak jou eie op ‘n koste effektiewe manier
- 2 liter Amasi / Karringmelk
- 2 t Jodium vrye sout (indien gebruik), Himalaya sout of maldon sal ook reg wees
- 12 x Afskeur, weg gooibare kombuis lappies (daardie dun soort wat amper soos gaas lyk..blou, geel, groen)
- 60 cm x 60 cm melk-, kaasdoek of chiffon of gaas
- Drup rakkie soos ‘n oondpan of reghoekige plastiek bak
- Afkoel rakkie of vierkantige sif raamwerk wat bo-oor die drup bakke kan pas
Metode vir Heerlike Roomkaas: maak jou eie op ‘n koste effektiewe manier
- Neem 6 kombuis lappies en plaas dit op die afkoel rak. Neem die lappie en laat dit oor die dreinering sisteem hang.
- Giet die amasi / karringmelk oor die doek en vou die doek toe. Plaas die res van die lappies bo-op en laat oornag staan. Indien jy haastig is kan jy elke 30 minute die vog uit die lappies druk en weer opsit, maar hoe minder jy sukkel met wat onder gebeur, hoe beter. Die boonste lappies se wei kan jy uit druk.
- Die wei wat jy opvang kan dan in beskuit of smoothies gebruik word.
Jy kan self besluit hoe droog jy die kaas wil maak. Ek hou van redelik droog want ek vorm kaas balletjies om Labneh mee te maak en ook vir kaaskoeke en roomkaas versiersel. Meer smeerbaar gebruik ek vir die doel van gegeurde smeer kaas. - Raklewe is ongeveer 4 weke.
Foto: https://annelienpienaar.co.za/2017/06/30/rooi-fluweel-koek/
Bron: www.annelienpienaar.coza ‘n verwerking van my Kaasmakery klas. 2000
Hoeveelheid: Ongeveer 500g afhangend van die kwaliteit melk agv ras en voeding van dier.
Baie dankie Annelien ek gaan dit beslis probeer
Groot plesier Desiree. Groete Annelien
Annelien, ek het nie mooi gelees nie en nie die room bygesit vir roomkaas nie. Kan ek dit nog na die tyd inmeng en weer laat dreineer?
Roer deur en staan weer 12 ure voordat jy dreineer…die room moet aansuur eers. Groete Annelien
Baie dankie Annelien, my roomkaas het perfek uitgekom, ek is baie in my skik. Sal.nie sommer dit weer koop nie.
Annemarie, dankie vir die terugvoering en mag jy jou rande sommer ver rek. Groete Annelien Pienaar
Baie dankie vir die terugvoer, as die proses klaar is, roer ek dan die sout by?