‘n Heerlike energie blokkie en ook geskik vir glutenvrye diete. Dit bevat natuurlike bestanddele en indien jy nie toegang het tot egte Maple stroop kan heuning, molasse stroop, agave gebruik word.

Koekie basis
40 g gedroogde appel ringe
200 g medjool dadels
100 g pekans / amandels
1 e klapper olie
Knippie sout

Smeer en voer ‘n 15 x 15 cm pan met bakpapier uit.

Week die appel stukkies vir 5 min in water en dreineer. Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en maak dit fyn tot dat die mengsel ‘n paste word. Druk in die voorbereide pannetjie en vries.

Caramel
100 g pekans
115 g dadels
4 e klapper olie
2 e tahini paste (maak jou eie deur 1k sesame met 2 e klapper olie fyn te maal)
3 e maple stroop of heuning (opsioneel)

Plaas die neute en dadels in die voedselverwerker en maak fyn tot ‘n baie gladde pasta. Voeg dan die olie, tahini en stroop by en verwerk weer tot ‘n pasta. Die mengesel moet effe loperig wees en jy kan 1-2 e water ekstra byvoeg. Skep bo-op die bevrore basis en vries weer.

Sjokolade laag
4 e klapper olie
4 e maple stroop
2 t dadelstroop of heuning
4 e kakao
1 t vanielje geursel

Verhit al die bestanddele saam net totdat dit amper kook. Roer gereeld met ‘n draadklitser om aanbrand te voorkom. Giet oor die koue blokkies en verkoel tot geset. Sny in 16 ewe groot blokkies. Hierdie blokkies sal goed bly vir 3 maande in die vries/yskas.

Bron: Annelien Pienaar, 2020, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 16 blokkies. Hierdie resep verdubbel met gemak.