n Kors resep wat vooraf berei kan word en in voorraad gehou word in die vrieskas. Soos jy enige vorm van ‘n sout tert of happie wil bak, sal hierdie resep vir jou die perfekte korsie op lewer. Die hoender en sampioen vulsel is heerlik sappig en die roomkaas daarby lewer ʼn wonderlike sagte tekstuur en indien koud bedien nog heerlik. ʼn Wonderlike item vir die honger gogga om in die kosblik te sit.

Kors
200 g fyn gerasperde mozzarella
75 g neute meel (pekan/ amandel/ klapper)
2 e psyllium husks
¼ k kook water
¼ t knoffel poeier / uie poeier
¼ t paprika

Meng al die droë bestanddele saam. Voeg die kookwater by die bestanddele en roer goed deur. Smelt die kaas versigtig sonder om te kook in die mikrogolf. Roer by die bestanddele en meng goed. Druk dan die deeg in ʼn pan en berei die vulsel.

Wenk: oorskiet kors kan gevries word vir latere gebruik.

Vulsel
1 medium ui, ringe
30 ml olyf olie
6 hoender filette in blokkies gesny
250 g repies spek, gesnipper
250 g roomkaas
250 g sampioene, gesnipper
3 eiers, jumbo
Geurmiddels en sout na smaak

Braai die ui met olie tot glansend. Roerbraai die hoender en spek tot amper gaar saam met die uie.

Meng die roomkaas by en laat afkoel. Voeg die oorblywende bestanddele by en skep in voorbereide kors.

Bak 180 C vir 35 minute.

Wenk: kolwyntjie grootte quiches bak ongeveer 25 min by 180C.

Bron: www.annelienpienaar.co.za LowCarb/Keto klas 2020
Hoeveelheid: 6 porsies