Wanneer mens met Pekanneute boer moet mens kreatief dink om die produk te bemark. Soos die jare aanstap het mens met navorsing ook geleer hoeveel goedheid in die rou produk se samestelling. Het jy geweet dat ʼn pekan die enigste neut is (behalwe sy oupa die wallnut) wat uit die dop direk geëet kan word sonder om dit verder te moet bak of verwerk? Van die boom, in die hand kraak tot op die tafel alles in een. Die voedingswaarde van Pekans is hoog: Vit A, Vit E, B-vitmaniene groep, fosfor, sink, kalium, proteine, goeie vette dus geen cholesterol. Lees gerus ook by die volgende skakel oor die gesondheids voordele van pekans: goed vir jou hart, brein, gewigsverlies, veroudering, prostaat en vele meer. Lees gerus en klip op Pekan feite

Hierdie broodjie was ontwikkel weens die onstaan van ‘n voedsel allergie by een van my Filistyne en ‘n oormaat pekans. Ek het ook verder beplan aan die reeks vir “Breinkos” wat ek doen en wel, hierdie broodjie het snytjie vir snytjie seker die meeste nutrient wat ‘n brein kan benodig in een happie. Die “powerhouse” van brode!

150 g sonneblom saad
150 g pampoen saad
50 g sesame saad of papawersaad
75 g flax / rou lyn saad
100 g pekans
3 e chia sade
1 e xhantan gum (opsioneel en kan uit gelaat word)
120 g hawermout (nie instant)
1 t sout
4 e heuning of treacle / demarera / muscavado suiker (kan vir diabete net uit gelaat word)
¼ k sonneblom olie of gesmelte botter
375 ml kamertemperatuur water

Opsioneel: 1 k rooibos bessies (cranberries), rosyne, olywe, son gedroogde tamaties hidreer vooraf. Basies enige iets.

Berei twee standaard klein broodpannetjie soos vir piesangbrood voor. 20 cm by 7 cm by 7 cm diep. Hou eenkant.

Meng al die bestanddele saam en laat staan vir 30 minute. Bestanddele sal hidreer en die vog sal in getrek word en nie waterig vertoon.

Druk die beslag vas in die broodpan en laat oornag in die yskas rus. Hierdie deel is baie belangrik. Nommer 1 word die koolhidrate in die hawermout af gebreek deur die aktivering van die ensiem amilase met die byvoeging van die water. Die GI van die produk word dus so verlaag.

Alternatiewelik kan jy foeliebakkies gebruik en die resep met 4 x en dan die ongebakte brode so vries. Ontdooi by kamertemperatuur en bak soos benodig.

Sodra die 12 ure in die yskas verby is. Bak vir 60-80 minute by 160 C.

Wenk: die gaar broodjie vries ook wonderlik maar moet vooraf in skywe gesny word. Verder laat die broodjie altyd goed koud word voordat jy dit sny.

Bedieningsvoorstel: Hierdie broodjie lyk pragtig saam met ʼn charcuterie bord en of ʼn kaas bord bedien met botter en chillie konfyt of jams.

Bron: www.annelienpienaar.co.za Desember 2019-12-30
Hoeveelheid: 1 broodjie (8 porsies)