Heerlik, kraak vars en bros. Hierdie skyfies kan ook vir 5 dae op die rak gestoor word en behou hul brosheid.

6 groot aartappels geskil of ongeskil
2 e growwe sout
2 liter ketel kook water

Sny aartappels met mandolien in 2 mm dun skywe. Vir die kantagtige afwerking kan die sig-sag lem gebruik word. Draai die aartappel na elke sny.

Spoel die skyfies eers baie goed af om stysel te verwyder. Plaas in mengbak en sprinkel sout oor. Giet kokende water oor en laat so afkoel vir 2 ure. Daarna spoel die aartappels weer.

Diepvet braai olie moet 180C tot 200 C wees. Braai bruin aan al kante. Hou warm in oond.

Geen ekstra sout nodig.

Seel in lugdigte bakke vir 5 dae in die spens.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2019