“Apple sauce” is ‘n heerlike item om altyd in die kombuis te hê omdat dit amper oor enige gereg bedien kan word. My gesin is baie lief vir die sous oor ontbyt pap soos gekookte hawermout, roomys, plaatkoekies, franse roosterbrood, wafels, jogurt, vleis, toebroodjies, piesangbrood en die lys hou nie op. Selfs as baba kos vir my bekkies gevoer. Vinnig en maklik.
4 Granny Smith appels, geskil en klokhuis verwyder, in suurlemoensap geweek
100 g botter (moet botter wees)
1 e heuning
1 kaneel stokkie of ¼ t fyn kaneel
Knippie sout
½ k water
Plaas al die bestanddele in ʼn mikrogolf veilige bak en bedek met kleef plastiek of glas bord. Mikrogolf die bestanddele vir 5 minute, verwyder die bedekking en mikrogolf vir nog 3 minute. Meeste van die water moet uit gekook wees.
Haal die kaneel stokkie uit en puree tot baie fyn en om nog fyner te kry, vryf deur ʼn sif. Soetheid kan met bruinsuiker of ekstra heuning aangepas word.
Raklewe: 10 dae in die yskas of 6 maande gevries
Verlengde raklewe:
1. Draai warm bottels vas, maar nie styf vas. Jy moet basies voel die bottel se deksel “vat” en dan nie nog verder dood vas draai.
2. Plaas die warm bottels in ‘n warm pot water met ‘n lap onder in die pot. Die water moet die bottels tot onder die skroef ring bedek nie oor die proppies nie.
3. Sodra die water begin kook, draai die temperatuur af na stadige kook, as die water te rof kook sal die bottels bars. Maak asb seker dat die bottels mooi in die kastrol redelik stewig pas, dit moenie kan omval. Die grootte van die pot pla nie, die konsep van in die waterbad kook is belangrik.
4. Kook met die deksel op die kastrol vir 15 minute. Skakel die plaat af, sit die kastrol eenkant en haal die bottels uit. Draai dan stewig toe en draai die bottels op hul koppe om af te koel. Rede, waterdamp vorm en as die bottel nie omgekeer word kan daar moontlike voedselbederf in die waterdamp plaasvind en wel, draai die bottel om dan versprei alle vog eweredig.
English
Apple sauce is a wonderful item to always have in the kitchen because it can be served on almost any dish. My family loves the sauce over breakfast porridge such as cooked oatmeal, ice cream, crumpets, french toast, waffles, yogurt, meat sandwiches, banana bread and the list doesn’t stop. I even fed it as baby food to my children. Quick and easy.
4 Granny Smith apples, peeled and core removed, soaked in lemon juice
100 g butter (must be butter)
1 tbsp honey
1 cinnamon stick or ¼ t fine cinnamon
Pinch of salt
½ cup water
Place all ingredients in a microwave safe bowl and cover with cling wrap or glass plate. Microwave the ingredients for 5 minutes, remove the covering and microwave for another 3 minutes. Most of the water should be boiled out.
Remove the cinnamon stick and puree until very fine and to get even finer, rub through a sieve. Sweetness can be adjusted with brown sugar or extra honey.
Shelf life: 10 days in the refrigerator or 6 months frozen
Source: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za
Quantity: 2½ cups.
Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 2 ½ k