Melk Alternatiewe: Maak jou eie, is ‘n realiteit in ons besige lewens en toenemend word mense met allergië gediagnoseer en die koste tov alternatiewe melk ASTRONOMIES. Wat nou gemaak? Ek het vir julle navorsing gaan doen oor melk alternatiewe en metodes om die melk vir die gebruiker daarvan aangenaam op die pallet te maak.
Lees ook die volgende artikel: Suiwel Allergieë
Melk Alternatiewe: Maak jou eie: Die Proses
- Om mee te begin het jy ʼn dreinerings sak of melk doek nodig. Ander opsie is ʼn baie fyn sif. Dit is krities nodig om die melk te kan dreineer van die soliede stukkies waarvan dit gemaak word soos byvoorbeeld: amandels, hawer en rys.
- Die volgende aspekte soos raklewe vir hierdie produk kom ook op. Raklewe is beperk tot ongeveer 4 dae. Om tyd te spaar maak ek ʼn redelike groot hoeveelheid van hierdie alternatiewe melk, vries en gebruik soos nodig. Laat altyd in die yskas ontdooi. Om te vries gebruik ʼn zip lock sakkie en plaas die gevulde sakkies op ʼn koue bakplaat en laat dan plat vries. Deur die melk so plat te vries sal dit ook baie vinnig in lou water ondooi.
- Moet nooit in ʼn hopie vries.
2 Nuttige Melk Alternatiewe: Maak jou eie, vrae en antwoorde:
- Kan hierdie alternatiewe melk gebruik word om in beskuit vervang te word? Ja dit kan maar moet eers bietjie aangesuur word. Jy kan vir elke koppie melk wat jy gebruik, die melk eers net tot kookpunt bring en in ʼn fles plaas met 1 t asyn. Laat oornag staan om te verdik. Gebruik dan in die plek van karringmelk en ook jogurt. Verder kan die massa dreineer word vir ʼn romerige kaas smeer.
- Hoe kan die melk versoet word? Deur die gebruik van natuurlike middels soos dadels sal dit die melk heerlik versoet sonder ʼn kunsmatige nasmaak. Verder kan die melk met esdoring stroop (maple), heuning, molasse stroop versoet word. Dossering: Vir elke 4 k water wat gebruik word voeg 4 groot dadels by. Stroop: vir elke 4 k water 2-4 e stroop of heuning.
Amandel melk
- 100 g (250 ml) heel amandels
- 4 k -5 k water (hoe minder water hoe dikker die melk)
- knippie sout
Oornag: week die amandels in genoeg water om dit te bedek. Gooi die week water weg want daar is toksienes wat in die water op gelos het. Spoel die amandels goed. Plaas in voedsel verwerker of versapper met die voorgeskrewe water. Meng tot glad vir ongeveer 2 minute.
Dreineer die melk deur kaasdoek of sif. Die stukkies wat oor bly kan dan in smoothies gebruik word of selfs in beskuit bak en volgraan brode. Of vries.
Hawer / Oat melk
- 80 g (250 ml) hawermout gerol of fyn (geen instant)
- 3-5 k water
- knippie sout
Oornag: week die hawermout in genoeg water om dit te bedek. Gooi die week water weg want daar is toksienes wat in die water op gelos het. Spoel die hawermout goed. Plaas in voedsel verwerker of versapper met die voorgeskrewe water. Meng tot glad vir ongeveer 2 minute.
Dreineer die melk deur kaasdoek of sif. Die stukkies wat oor bly kan dan in smoothies gebruik word of selfs in beskuit bak en volgraan brode. Of vries.
Rys melk
- 200 g (250 ml) wit rys
- 4 k warm water net onder kookpunt
- knippie sout
Hierdie melk staan nie oornag. Giet die water oor die rys en laat vir 3 ure staan. Plaas in voedsel verwerker of versapper met die voorgeskrewe water. Meng tot glad vir ongeveer 2 minute.
Dreineer die melk deur kaasdoek of sif. Die stukkies wat oor bly kan dan in smoothies gebruik word of selfs in beskuit bak en volgraan brode. Of vries.
Klapper melk
- 80 g (1 k) klapper grof of fyn
- 4-5 k water
- knippie sout
Oornag: week die klapper in genoeg water om dit te bedek. Dreineer week water en spoel die klapper goed. Plaas in voedsel verwerker of versapper met die voorgeskrewe water. Meng tot glad vir ongeveer 2 minute.
Dreineer die melk deur kaasdoek of sif. Die stukkies wat oor bly kan dan in smoothies gebruik word of selfs in beskuit bak en volgraan brode. Of vries.
Bron: Annelien Pienaar, 2018, Alternatiewe eetgewoontes vir allergië, www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: ongeveer 1 liter
Trackbacks/Pingbacks