Die pikenate suur smaak van hierdie stingels kombineer perfek met sitrus. Hierdie konfyt tower enige koek tafel op met gebak wat konfyt en botter moet kry. Dink aan heerlike Engelse skons en vele meer. Gebruik “ouerige” stingels omdat die geur sterker is en ook ‘n donkerder jellie en konfyt lewer. Dus die nuwe jong stingels is beter om te gebruik in koek, tert en roomys.

1 kg rabarber (rhubarb)
750 g wit suiker
20 g vars gemmer in stukke gekap – moeselien bondeltjie gebind
100 g gekristaliseerde gemmer stukke
25g versuikerde sitrus skil

1. Sny die rabarber in 1 cm wieletjies en strooi die suiker oor en laat oornag staan.

2. Plaas die gemmerstukke wat in klein stukkies gekap is in ‘n moeselien doekie en knoop deeglik toe.
Plaas dit in die kastrol saam met die rabarber en suiker mengsel.

3. Kook die mengsel by matige hitte totdat dit sag is.

4. Voeg nou die gekristalliseerde gemmerstukke en sitrus skil by.

5. Verhit die mengsel oor hoë hitte en kook totdat die suiker termometer 105 ˚ C is. Verwyder van hitte en laat 10 minute staan sodat die mengsel in suspensie sal bly.

6. Bottel in warm gesteriliseerde botteltjies en draai dadelik toe en laat afkoel.

HOEVEELHEID: 3 botteltjies van 375 ml.

BRON: Annelien Pienaar, 2003, Voedselbreiding III. www.annelienpienaar.co.za