Soms het mens net nie tyd vir ʼn elle lange gesukkel met kosmaak na werk. Vir my is die toevlug na pasta altyd ʼn oplossing en my stoom drukkoker of te wel, stoompot. Binne 20 min kan kos op die tafel wees en knorrige Filistyne se smoele gestil word!

50 ml olyf olie
1 medium ui grof gekap
6 Hoender filette in blokkies gesny
500 g rou pasta
500 ml hoender of groente aftreksel
250 g spek op gesnipper
250 ml-400 ml Ouma Hantie se knoffelroom sous p. 24 van die Boerekos met ‘n Twist kookboek

In die drukkoker braai die uie tot glansend en voeg die spek by en roerbraai tot gaar. Voeg dan die res van die bestanddele by, behalwe die Knoffel roomsous.

Stel die drukkoker om 10 minute te stoom of kies die pasta opsie indien jou pot die verstelling het.

Roer 3 e botter by die gaar hoender pasta en voeg dan die koppie knoffelroom sous by. Sprinkel met parmasan kaas oor.

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za , 2019
Hoeveelheid: 6 porsies