Grenadilla koek was nogal vir my ‘n kopkrapper gewees want die naam alleen het my so effe deur die war gehad. Manlief reken dit is verkeerd gespel en ek het eers my taalkundige vriende gaan vra of dit nou Granadilla / Grenadella heet. Wel, volgens die woorde boek is beide se spelling korrek.
Hierdie koek bestaan uit ‘n basiese botterkoek basis sodoende die granadilla pitte vas te hou in die beslag sodat dit nie na onder sak tydens die bak proses. ‘n Sponskoek is nie geskik vir hierdie resep. Ek gebruik vars granadilla en wanneer die seisoen genoeg vruggies lewer, dan word die pulp gevries. Dit is net soveel meer smaakliker en gegeurig.
Die versiersel is ‘n roomkaas en botterversiersel wat gemaak word en dit word met gelatien verstewig om sodoende nie loperig te word. Hierdie versiersel is nie te soet. Kom ons begin.
1 x Basiese Botterkoek
Voeg ekstra by: 1/4 k grenadilla pulp
Roomkaas versiersel
200 g botter of bakkers margarien met 80% vet inhoud, kamer temperatuur
500 g versiersuiker, goed gesif
1 t vanielje geursel
150 g roomkaas
10 ml gelatien poeier in 50 ml kookwater opgelos
Klits die botter tot romerig en voeg dan eers die versiersuiker, vanielje en roomkaas by. Klits tot lig en donsig.
Voeg die effe lou gelatien by en klits weer tot lig en donsig. Spuit met ‘n 5mm spuit bolletjies versiersel op die koek en plak die lae so aan mekaar. Die koek se twee lae kan halveer word sodoende ‘n vier laag koek te verkry.
Hou die koek vir ‘n uur in die yskas vir die gelatien om te set in die versiersel. Hierdie versiersel is nie te soet en heerlik saam met die smake van die koek. Vul dan die dammetjie bo-op die koek aan met ekstra granadilla moes.
Bron; Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za
2019-06-07
Hoeveelheid: Dubbel laag koek van 20-25 cm
Behawe om so hier en daar n baie klein snytjie van die koek uit te deel het ek die hele koek
myself verorber! Ek het dit gemaak van vars grenadella moes en was dit nou n lekker koek!
Glo my Basiesmal…ek is ook mal oor die koek en die versiersel is regtig heerlik en maak mens nie naar. Geniet en deel maar so n bietjie hoor. Groete Annelien Pienaar