My vrieskas is altyd vol met hierdie happies. Ek het hierdie resep met sy 5 bestanddele verfyn en kan met oorskiet vleis of vars gaar vleis gemaak word. Verder het ek ook altyd gaar gegeurde maalvleis in die vrieskas wat dadelik gereed is as my Filistyne honger is en gou ‘n omelet wil maak met ‘n protein gepakte vulsel of soos vir hierdie resep, happies vir die kosblik. In hierdie resep verwys ek na my kookboek en spesefieke bladsy nommers. Indien jy die boek wil aanskaf: Boerekos met ‘n Twist (beskikbaar in Eng en Afr)

500 g gaar oorskiet maalvleis of vleis van ‘n bredie of potjie
4 groot eiers
¼ k melk
1/2 k gluten vrye meel of koekmeel
Sout en peper na smaak of
1 e Tuis gemaakte sop poeier of witsous bere mengesel p.211

Voor verhit oond na 180C en smeer ‘n 12 gat kolwyntjie pan met Koekpansmeer p.12

Meng eiers, melk, meel en geurmiddels saam tot glad. Meng dan met die maalvleis en skep in muffin panne. Maak gelyk en kan met kaas besprinkel word indien verkies, maar is opsioneel.

Bak vir 30 minute tot geset. Bedien dadelik en moenie vries nie. Indien jy verkies om hierdie muffins te vries, gebruik vars maalvleis wat gaar gemaak is op dieselfde dag, bak die muffins en vries dadelik.

Bron: Annelien Pienaar, 2019 www.annelienpienaar.co.za
Hoeveelheid: 12 muffins