Een van my persoonlike gunstelinge in die somer maande op ‘n skyfie vars gebakte brood. Hierdie resep vereis harde groen mango’s en ‘n baie skerp en groot mes. Sulke harde vrugte moet op ‘n kombuis lappie gesny word om te verhoed dat dit gly en jy jouself sny. Ek het ‘n spesiale guilotine vir hierdie doel en maak die werk vir kwepers en mango’s sny aansienlik makliker. In hierdie artikel gaan ek twee opsies vir julle gee om Mango achaar te maak. Die een word met mielieblom gemaak en die ander met olie. Kom ons begin.
Mango maizena atjar
1.5 kg mango’s reeds op gekap met pit en skil
5 t sout
4 e rissie vlokkies, gedroog
2 e komyn saad
1 e koljander saad, grof gekap
3 e achaar masala, p.206 Boerekos met ‘n Twist kookboek
1 1/2 k wit suiker
2 k wit asyn
1/2 k maizena
Vagaar
1 1/2 k sonneblom olie
8 groen risssies in lengte gesny
10 knoffel toontjies
2 e geel mosterd saadjies
1/4 k kerrie blare
Sprinkel die sout, rissies, komyn en koljander oor die gesnyde mango’s. Maak die mielieblom aan met die asyn en voeg saam met suiker in ‘n kastrol en kook tot verdik. Giet oor die mangoes.
Verhit die sonneblom olie en braai die rissie, knoffel, mosterd saad en kerrie blare vir n minuut en giet oor die mangoes. Meng baie goed en laat afkoel. Bottel dan sodra koud in gesteriliseerde flesse.
Mango sonneblom olie atjar
1.5 kg mango’s met skil en pit grof gekap in repe
1 k wit wyn asyn
4 e achaar masala, p.206 uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek
2 liter sonneblom olie van goeie gehalte
Spoel die gesnyde mango’s af en droog effens. Sprinkel met die masala, witywyn asyn en werk met die hande deur om goed te meng. Sprinkel ekstra sout indien nodig en pak in gesteriliseerde flesse. Vul aan met sonneblom olie, seel dig en gebruik eers na twee weke.
Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 4 x 375 ml botteltjies