Gegeurde water het ‘n baie interessante onderwerp geword toe ek begin navorsing doen oor die tema vir gladde Jantjies (Smoothies). Die smoothies het my terug geneem na die oorsprong…gegeurde water of soos dit beter beskryf word in die Engelse taal: Infused water. Infusies van water bestaan al vir miljoene jare en die gebruik is dus nie uniek of ‘n nuwer wetse gier nie. Die doel van hierdie water is om die liggaam skoon te maak van vrye radikale en karsinogenes wat in die liggaam kan opbou. Help met gewigsverlies, bou immuniteit en vele meer. Hierdie artikel handel dus net oor Infusie van water. Ons sal in ‘n latere artikel kyk na Smoothies.

1. Detoxing Die Vitamine C in die suurlemoen is ‘n wonderlike skoon maak vir die bloedsisteem en organe. Hierdie skoonmaak aksie ondersteun en versterk ook die lewer en niere. Rooipeper is bekend daarvoor om die metabolisme wakker te maak sodoende die tempo van detoxing vinniger te maak. Die groen tee ondersteun en help die ander bestanddele in die onderhouding van goeie detoxing.

Suurlemoen en groentee

1 liter water
1 groot suurlemoen, geskil en in skywe gesny
1 t rooipeper vlokkies of ¼ t fyn rooipeper
1 groen tee sakkie

Giet water in ‘n glas fles. Plaas die suurlemoen skywe en twee repies van die skil saam met die rooipeper en tee sakkie in die fles met water. Trek die mengsel oornag in ‘n donker plek. Dreineer die volgende dag en stoor maksimum 48 uur.

2. Immuniteit booster
Die pomelo in hierdie resep bevat lycopene en limonoids wat sitrus antioksidante spesefiek is. Hulle is kragtig saam met Vit C en reinig die liggaam van toksienes en slegte mikrobes. Die gemmer het ‘n anti virale en –mikrobiale funksie en dus gesien as ‘n vorm van “natuurlike antibiotika” juis oor die teenwoordigheid van shogaol en gingerol. Die komkommer bevat belangrike nutriente soos silica, selenium, Vit A, C en E. As jy hierdie infusie van water neem sal jy verseker ń kuur teen griep kry voor dit jou longe aanval. Onthou, die water verhoed maar genees jou nie,  as jy reeds baie siek is. Dus, neem hierdie water voorkomend en gedurig.

Sitrus en Pomelo bom
1 liter water
100 g komkommer in ringe of repies gesny
1 groot pomelo geskil en in kwarte gesny, hou twee skille apart om in water te sit
1 gemmer toontjie so lank soos jou duim, geskil en in dun ringetjies gesny

Plaas water in glas fles. Voeg al die bestanddele in die fles met water en trek by kamertemperatuur vir 6 ure. Dreineer indien verkies en drunk binne 36 ure.

3. Vel en veroudering
Die bestanddele in hierdie resep is wonderlike antioksidant teen vrye radikale. Daar is die phytochemicals wat help onderhou en versterking van vel selle sodat dit elasties bly en fermer word.

Appel en bessie water
1 Liter water
¼ k frambose / raspberries puree
¼ k blueberry puree
1 medium Fuji appel in wiggies gesny

Vul fles met water en voeg die bestanddele by. Laat staan vir 8 ure in yskas en dreineer indien verkies. Gebruik binne 48 uur.

4. Energie booster Groen tee se natuurlike caffeine stimuleer die brein en liggaam om meer energie te kry soos wat jy die hele dag daaraan drink. Vit B en C in die pomelo en die mint blare dra by tot die voed van die brein en veral in warm somer maande koel die mint die liggaam af en dien ook as ‘n detixifier. Een van my persoonlike gunsteling drankies wat my oral vergesel met ‘n besige skedule. Die ment breek ook die bitterheid van die groentee. Heuning kan bygevoeg word, verkieslik rou heuning wat nog vol lewende microbes is.

Groentee en Pomelo-mint water
1 liter water
2 groentee sakkies
1 groot pomelo geskil en in skywe gesny
¼ k ment blare ingedruk en dan opgerol en fyn gesny

Plaas water in glas fles en vul met die res van die bestanddele trek vir 6 ure, dreineer en geniet binne 48 uur.

5. Inflamasie en Intestinale gesondheid Die wonder van beet. Het jy geweet dat beet hoog is in magnesium, vesel, yster, Vit A, B, C en beta karotene en foliensuur. In totaal vir my een van die groente soorte in sy rou vorm onderskat en onder gebruik. Al hierdie eienskappe wat genoem is het ten doel om inflamasie en kanker tee te werk asook die hart te versterk.

Beet booster
1 liter water
1 medium rou beet in dun skyfies gesny
½ k vars kersies of frambose fyn gedruk

Plaas water en bestanddele in glas beker en trek vir 6 ure. Dreineer indien verkies. Geniet binne 48 uur.

Bron: 1. Eliq Maranik, 2015, first edition 2. Margaret Roberts, Essential oils, Companion planting, 20 edition 3. Inligting getoets en saamgestel deur Annelien Pienaar, verwerk met bestanddele ekwivalente in SA. 2018