Hierdie aartappel gereg is geskik vir ‘n winter of somer spyskaart. Die aartappel is heerlik gegeur met gerookte paprika en so vinnig en maklik om vir die hele gesin in ‘n kits te berei. Kom ons begin.
1 kg baba aartappels in helftes gesny met skil
5e x groentesout mengsel in die Boerekos met ‘n Twist kookboek
¼ k olyfolie
1 e gerookte paprika (Cape Herb ‘n Spice)
5 e parmesaan kaas, gerasper
Voor verhit oond na 200C en oond pan (ongesmeer) eenkant.
Plaas aartappel halwes in baksakkie en draai die punt van die sakkie styf vas en druk onder die bondeltjie in. Vir 850 watt tot 1000 watt mikrogolfoond maak gaar vir 8 minute.
Haal die sakkie uit en meng eers die groente sout, paprika en parmesaan kaas. Sprinkel die olie oor die aartappels binne in die sakkie. Maak sakkie toe en vryf die olie oor die aartappels. Maak sakkie weer oop en sprinkel die gemengde sout oor. Maak sakkie toe en vryf weer.
Keer die inhoud van die sakkie in die oondpan uit en bak vir 25 minute tot bros en bruin. Bedien warm met Basilliekruid pesto of Ouma Hantie se knoffelroom sous in die Boerekos met ‘n Twist kookboek.
Smaaklike ete!
Bron: Annelien Pienaar, 2018-08-31
Hoeveelheid: 6-8 porsies