Geure en kleure wat enige ete kan opkikker. Vir my het ek die goue middeweg gevind met hierdie pesto wat ek jare gelede ontwikkel het. Eers het dit begin met ‘n groente tuin wat ‘n oormaat tamaties opgelewer het. Ek was gedwing om ‘n derde opsie te oorweeg ipv tamatiesous of tamatie konfyt, om eerder te droog. Groot was die verassing toe ek vind die droog proses is baie maklik. Eers die gewone oond ingespan en later ‘n biltong droeër aangeskaf en so die massa’s tamaties begin verwerk. Songedroogde tamaties, droog self. Toe raak die vrieskas vol en ek besluit om die gedroogde tamaties te hidreer en marineer in olie. Gemarineerde Songedroogde Tamaties. Later uit nood het die pesto gevolg en tot vandag is dit een van die items op my kinders se toebroodjies vir skool, manlief se peuselhappie terwyl ons braai en vir my, stil dit die honger as ek begin knaag met ‘n melba broodjie en ‘n skeppie pesto. Hoe dit ookal sy, jou yskas moet nooit sonder een van die resepte wees wat ek hier bo gelys het….tamatie is koning in die Pienaar huis.
1 k gemarineerde songedroogde tamaties in olie preserveer
125 ml parmassaan kaas
50 g pekans
100 ml van songedroogde tamatie olie of aangevul tot 100ml
1 knoffel toontjie, fyn gedruk
1 e balsamiese asyn
1 t heuning
Sout en peper na smaak
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en maak ‘n puree van jou keuse.
Stoor in lugdigte houers in die yskas vir 2 maande.
Bron: Annelien Pienaar, 2018