Die Stromboli resep vorm die basis van hierdie heerlike vullende broodjie. My kinders geniet hierdie broodjies in hul kospakkies en met die ekstra proteine is dit ‘n wonderlike manier om die bloedsuikervlakke vir langer konstant te hou. Verder vir ‘n braai of piekniek en selfs ‘n kuiertjie met vriende is hierdie die ideale versnapering om voor te sit.
Resep
1 x Stromboli
1 k gerasprede cheddar kaas
1 k gekapte ham of uitgebraaide spekvleis
½ k uie, gekap
½ k soetrissie (green pepper)
2 e olyfolie
1 e Groente Sout
Voorverhit oond na 180 ℃ en smeer ‘n groot reghoekige bakplaat van 45 cm x 60 cm.
Berei die Stromboli deeg voor en laat dit rus.
Voor verhit ‘n pan en voeg olyf olie by, roerbraai die uie en soetrissie en geur met groentesout na 5 minute. Al die vog moet uitgebraai wees. Voeg die ham by die uie mengsel en braai vir 2 minute. Plaas eenkant om deeglik af te koel. As die vulsel te warm is, sal die kaas te gou smelt en olierig word.
Rol die deeg in ‘n reghoe uit van ongeveer 40 cm x 30 cm en skep die helfte van die vulsel op die reghoek. Rol die deeg liggies op en plaas op bakplaat.
Sprinkel die res van die vulsel oor en bedek mildelik met kaas. Bak vir 45-60 minute by 180 ℃.
Bedien lou warm met Ouman Hantie se Knoffelroom sous of Tuna Mousse
Bron: Annelien Pienaar, 2018
Hoeveelheid: 8-12 porsies