Kalkoen was nogal in die ou dae ’n gereelde item op die spyskaart gewees. Maar namate die samelewing verstedelik het, het die gebruik van kalkoen ook minder geword. Ek dink met geboortebeperking het gesinne se getalle ook gekrimp en een hoender is genoeg om drie of vier te voed i.p.v. die span van 9 mense in die huis…net my gedagte daarop!

Hierdie resep is geskik om op die spit of in die oond gaar gemaak te word. Vir die spit moet die kalkoen ook ten minste vir 3-6 ure gaar gemaak word en vir die eerste drie ure bedek met foelie…blink kant na buite.

Vulsel
45 ml (3 e) botter
45 ml (3 e) olyfolie
3 seldery stingels, fyngekap met blare en al
1 medium grootte ui, gekap
250 g spek repies, gekap
250 ml (1 k) aftreksel (aangemaak en afgekoel)
125 ml (½ k) cranberries (geblik of vars)…asb moenie dit uitlaat nie…
2 k vars broodkrummels
2 e salie, gedroog (sage) tradisioneel so gebruik en werk heerlik saam met cranberries
Sout na smaak
Swart peper vars gemaal na smaak
1 ekstra groot eier

Braai die seldery, ui en spek in olyfolie en botter vir 10 minute tot deurskynend. Voeg die afgekoelde aftreksel by die uie mengsel. Roer in die pan totdat die mengsel afgekoel het.

Voeg die res van die bestanddele by en meng baie goed deur. Bind die kalkoen se bene toe sodat die holte toe as jy die vulsel in die nek stop. Jy kan dit ook andersom doen. Maak seker een-een van die twee gate toe is wanneer jy werk. Maak dan alle holtes toe. Die vulsel sit uit as dit bak en dan stoot dit uit.

Druk die volgende bottermengsel onder die vel van die kalkoen in en maak nog n keer aan en smeer die kalkoen aan die buitekant met ‘n halwe koppie gesmelte botter, 5 e knoffel en een eetlepel paprika. Neem nog ‘n he Sout en peper na smaak. Maak toe met foelie en bak vir 6 ure by 150 ℃.

Maak nou die Appelkoos sousie:
1 ½ k Appelkoos blatjang
½ k Appel asyn
1/2 t fyn knoffel
1 k Pan sous van die kalkoen

Kook alles saam vir 5 minute en bedien in mooi bekertjie.

Geniet!

Bron: Annelien Pienaar, Kersfees 2016
Hoeveelheid: Voed ‘’n nasie! 8-12 persone