“Grot man” styl vleis soos die Filistyne van my dit noem. Onlangs die waarde van ‘n ongesnyde skenkel ontdek toe die slagter die bestelling verkeerd verstaan het. Die totale massa van die been wat ek bestel het was 3 kg en wel, die hele gesin het saam aan hierdie been gesmul. Skenkel is maar aan die taai kant maar as jy kyk na ‘n klamhitte gaarmaak metode sal dit die vleis sag maak en ook ‘n geuriger eindproduk verseker.

3-5 kg heel skenkel
50 Woestersous sout in die BKT kookboek
3 e Knoffel
4 takkiesRoosmaryn, vars gekap
¼ k olyf olie

Vryf die skenkel met die olyfolie in en dan gevolg met al die ander bestanddele. In hierdie geval is die been baie lank en ongelyk en is vooraf seel nie moontlik oor hoë hitte.

Plaas die skenkel in ‘n kasserol bak en bak dan vir 5 ure by 160 ℃. Verdik die pan sous met bietjie sop poeier wat op die webtuiste beskikbaar is.

Lekker eet!

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 6 porsies