Gebakte Korslose Melktert

Gebakte Korslose Melktert

Ek bak my Korslose melktert in vorms soos wat mens sou doen vir Crème Brulè of Crème Caramel. Dit is mos nie ‘n moet dat ‘n melktert rond of reghoekig moet wees? Ek hou van iets oud ‘n nuwe jassie gee. Die melktert het ‘n stewige buite randjie wat die delikate melk vulsel bymekaar hou.

45 mℓ (3 e) botter, gesmelt
200 g (1 k) witsuiker
3 groot eiers, geskei
2 ml kremetart
140 g (1 k) koekmeel
5 mℓ (1 t) bakpoeier
1 ml sout
5 mℓ (1 t) vanielje geursel
1 liter (4 k) melk
15 mℓ (1 e) kaneelsuiker

Voor verhit oond na 180 ℃, gebruik die Pan smeer in my BKT kookboek op p. 12 om te verseker die melktert ontvorm perfek en sit nie vas nie. Smeer ‘n 23cm ronde metaal koekpan met kleefwerende sproei of verkieslik ‘n ring koekpan wat meer egalig bak. Ring koekpan deursnit 26cm. Wenk: Indien jy vind dat die melktert se korsie buite te taai is en die binnekant geskif het…bak dan eerder hierdie tert in ‘n waterbad deur die koekpan binne ‘n oondpan te plaas en op te vul met kookwater. Bak dan die melktert in sagter hitte.

Verroom botter en suiker saam. Voeg eiergele een vir een by en klits elke keer tot lig en donsig. Ongeveer 5 minute voor die volgende eiergeel bygevoeg word.

Sif koekmeel en bakpoeier saam en voeg by die eiergeel mengsel. Meng deeglik. Die mengsel sal redelik dik wees. Meng melk en vanielje by die meel beslag en klits goed deur.

Was klitsers skoon en klits eierwitte met kremetart styf en vou in by mengsel met ‘n ballon klitser. Giet mengsel tot 1 cm van bo, die mengsel sal nie uit kook nie…die melktert gaan krimp as dit afkoel weens vog wat ontsnap en as jy te min vulsel insit sal jy met ‘n dun koek opeindig.

Bak die melktert eers vir 20 min by 170 ℃ en verlaag temp na 150 ℃ en bak verdere 35 – 45 min. Toets die melktert deur ‘n toetspen in die middel te steek en as dit skoon uit kom is dit gaar. Moenie kommer as die beslag baie jellierig en bewerig lyk…dit moet so wees. Maar dit moenie loperig wees nie. Toets altyd in die middel van die tert. Die melktert moet in die pan afkoel tot lou warm voordat dit uitgekeer word. Sprinkel met kaneelsuiker om ‘n stropie te vorm.

Wenk: moet nooit hierdie mengsel in ‘n silikoon pan bak nie, dit neem 2 ure om te stol en die kanse vir skif is 100%.

Bron: Annelien Pienaar, Boerekos met ’n Twist, 2014

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-10-27T18:23:29+00:00 0 Comments

Leave A Comment