Makataan en Pynappel konfyt

Makataan en Pynappel konfyt

My ma het aan die agterkant van ons plaashuis, by die wasgoed draad, ‘n groente tuin gehad. Meeste van die was water het daarheen filtreer. Ek het ‘n slim vader wat sy hande goed kan gebruik en het afval water goed aangewend met sy vindingryke filtrasie stelsel. So het ma altyd makatane gehad. In ons geweste het hulle teen einde Desember begin ryp word en ma het sommer die stoorkamer vol gepak met die boepens makatane. Van die goed was so swaar as 60 kg!

Wenk: Hierdie resep kan met gemak halveer word en waatlemoenskille kan ook gebruik word.

Week van Makataan
5 kg Makataan, gerasper of gemaal
45 ml Koeksoda
5 liter water

Week die gerasperde makataan in die koeksoda water vir ‘n uur en spoel dan goed af. Ek skep die rasper stukkies af en plaas in ‘n sloop en spoel goed af.

Kook van konfyt
5 kg Makataan
1.125 liter Water
2.5 kg Pynappel, geskil, gerasper
4 kg Wit suiker
5 cm Stuk Gemmer wortel, gekneus
3e Lemongrass stukkies (opsioneel as jy nie kan kry)
5 ml Wynsteen suur of sitroen suur
2.5 ml Sout

Plaas al die bestanddele in ‘n vlekvrye kastrol en verhit eers baie stadig. Roer totdat al die suiker goed opgelos het. Was die kante van die kastrol af met water om suiker kristalle op te los.

Sodra die bestanddele opgelos het kook die mengsel dan baie vinnig totdat dit begin verdik het. Ongeveer 60 minute. Wat lekker is van hierdie konfyt dit kan loperig of styf wees. Beide maniere is dit heerlik.

Verwyder die gemmer wortel en bottel dadelik in gesteriliseerde flesse.

Bron: Annelien Pienaar, Konfyt klas 2015
Hoeveelheid: 30-40 x 375 mℓ bottels

 

Print Friendly, PDF & Email
2017-09-25T07:05:42+00:00 0 Comments

Leave A Comment