
Hierdie reseppie is uiters ekonomies en hou vir 4 weke in die yskas. Dit word met vetvrye yoghurt en lae vet maynnaise gemaak. Heerlik as slaaisous of as doopsous. Die vars smaak van suurlemoenskil kom heerlik deur.
Dankie aan Keramiek kunstenaar Diana Ferreira vir haar ongelooflike mooi bakkies! Besoek haar by Facebook om meer te sien van haar handewerk.
250 ml (1 k) vet vrye yoghurt
30 ml (2 e) lae vet mayonnaise
125 ml (½ k) lae vet melk
30 ml (2 e) gerasperde suurlemoenskil
30 ml (2 e) dill tippies
sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele saam en stoor in lugdigte houer.
Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 350 ml ongeveer
En as ek ‘n hekel het in vetvry en lae vet yoghurt en mayo, sal die normale produkte dieselfde resultate lewer, miskien net dikker?
Herman, jy laat my lekker glimlag. Jy kan natuurlik volvet gaan en die uitkoms gaan presies dieselfde wees.
Volvet sal dit dan wees…
Annelien, sal die suurlemoenskil nie ‘n bitter smaak los nie? Ek is so bang om dit na dese te gebruik, want my vorige probeerslag van ‘n resep het dit die heerlike dis se smaak heel verwoes en ‘n bitter nasmaak gelaat. Kan mens dit uitlaat en nog ‘n heerlike sous he of vervang met suurlemoen se sap eerder? Eks net skrikkerig ons hou nie daarvan nie.
Anri, ek vind dat daardie kleinerige lemmetjies geneig is om gal bitter te wees. Gebruik geel suurlemoene of lemmetjies wat redelik vars is en die skil van mooi uitgeswel is. Hierdie is my sousie wat ek amper daagliks maak en nog nie die bitterheid ervaar nie. Groete Annelien
Hallo Annalien. Waarmee kan dil tippies vervang word. Ons dorpie hou dit nie aan nie!
Berdien, jy kan dit net uit laat of iets soos origanum, spriet uie (gedroog) byvoeg. Vra vir Cape Herb ‘n Spice se Dill of kyk na Woolies food…hul hou ook Dill gedroog aan. Groete Annelien