Vinnige slaaitjie vir die piekniek of braai wat beplan word. Ons gesin maak baie variasies van hierdie slaai. As daar rosyne of pekan neute in voorraad is, dan wel, vind hierdie bestanddele ook hul pad nie die koolslaai. Die kombinasies is heerlik.

400 g kool, gesnipper
100 g wortels, gerasper
½ k rosyne (opsioneel)
½ k pekans (opsioneel)
2 appels, blokkies gesny, met skil
4 e suurlemoensap
250 ml water vir week van appels in suurlemoensap.
125 ml (½ k) kondensmelk
300 ml mayonnaise
1 t mosterdpoeier
Sout en peper

Sny appels en week eers in suurlemoen water, gooi dan water weg. Meng al die bestanddele saam en rus vir ‘n uur voordat jy bedien. Hierdie slaai sal vir 5 dae baie goed hou in die yskas.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Piekniek-, braai- en kampkos
Hoeveelheid: 4 porsies