Hierdie is nie net ‘n slaai nie, maar ook geskik vir ’n ligte middagete om in te pak vir die werk se kospakkie en ook vir honger monde na skool. My idee van vinnige etes is enige iets wat ek onder 30 minute kan maak en met min skottelgoed, hierdie resep voldoen aan die vereistes.

500 g pasta rys of enige ander vorm van pasta
2 liter water
45 ml olyfolie
5 ml sout

Kook water met sout en olyfolie. Voeg die pasta by die kokende water en roer om vassit te voorkom. Sodra die pasta rys begin verdik, spoel dit af met warm kraanwater totdat die water helder is. Kook weer tot sag en spoel weer af. Giet bietjie olyfolie oor die pasta en roer goed deur en laat afkoel. Soos die pasta afkoel roer gereeld om die korrels los te hou.

1 blikkie 310 g perske halwes, gesnipper
1 k room
1 k mayo
2 seldery stingels fyngekap
1 rooi ui, fyngekap
1 blikkie tuna of hoender filette gesnipper
3 e spriet uie, gekap
3 hard gekookte eiers grof gekap
1 e growwe swart peper
Sout en peper na smaak

Meng bogenoemde bestanddele saam met die afgekoelde pasta. Hou in die yskas vir 6 dae.

Bedien as bykos.

Bron: Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 6 porsies