
Eend is vir ons gewone man op die straat ‘n vreemde item op die spyskaart. Maar raai wat…in die ou dae het die mense dit nogal baie gemaak. Eend is heerlik en maak maklik, net soos hoender gaar. Die vleis is geneig om droog te wees en daarom word dit gestop en die vel effens losgemaak op die rug en bors om die geursel in te kry.
2.5 kg eend
60 ml (4 e) botter
Vulsel
250 ml (1 k) couscous
2 e botter
1 seldery stingel, dun skyfies
½ ui, baie fyngekap
1 blikkie gerookte mossels, fyn gedruk
60 ml olyfolie
Braai die ui, seldery in botter tot sag. Plaas cous-cous in die pan en voeg die olyfolie by en meng baie goed deur. Vul die eend met die mengsel. Steek die nek toe met tandestokkies en bind die bene oorkruis vas.
Sous
15 ml (1 e) lemoensap konsentraat
15 ml (1 e) suiker
500 ml (2 k) water
1 hoender aftreksel blokkie
45 ml (3 e) lemoenskil
30 ml (2 e) suurlemoensap
15 ml (1 e) mielieblom
150 ml soet sjerrie
40 ml van der Hum
Sout en peper na smaak
Vryf die eend met die botter en gooi met sout en peper. Plaas eend op ‘n rakkie in die oond waardeur die souse kan drup. Bak die eend by 180 ℃ vir 60 minute en vanaf die 40 minute merk smeer die pan souse oor die eend elke 10 minute.
Kook die lemoensap konsentraat, bruinsuiker, suurlemoensap, water, aftreksel blokkie en suurlemoenskil saam totdat die mengsel met die helfte weg gekook het.
Maak die mielieblom aan met die 2 e water en meng dan met die alkohol. Voeg dan by die kokende mengsel sodat dit kan verdik. Kook vir nog 5 minute en verwyder van hitte.
Haal die eend uit die oond en smeer met die sous. Dreineer al die olie uit die pan en bak weer vir 20 – 30 minute en smeer die eend elke 10 minute met die sous. Haal die eend uit die oond en laat 10 minute staan voordat dit voorgesny word. Bedien met die oorblywende sous.
Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 4 – 6 porsies.