
Hierdie koekies is regtig vinnig en maklik om te maak en indien jy nie van koffie hou nie laat dit net uit die resep.
Ryspapier
100 g (1k) fyn gekapte pekans
225 g (1k) strooisuiker
30 ml (2e) rysmeel
10 ml (2 t) koffie poeier
2 eierwitte
Ekstra strooisuiker vir sprinkel
Voorverhit oond na 180℃ en voer twee bakplate met ryspapier uit. Die ryspapier gee die koekies ‘’n voetjie en verhoed dat die koekie te veel sprei as dit bak.
Meng die droë bestanddele met mekaar. Voeg die neute by en roer goed deur.
Voeg die eierwitte by die meel en neut mengsel en roer totdat dit ‘’n stywe pasta vorm. Plaas in spuit sak wat nie ‘’n neus het en spuit R5 muntstuk hopies ongeveer 4 cm uitmekaar. Sprinkel met strooisuiker.
Bak vir 20 minute. Laat goed afkoel en breek die ekstra ryspapier aan die kante van die koekies af. Doop in sjokolade indien verkies.
Hoeveelheid: 20 koekies.
Goeie middag Annelien. Wat kan ons in die plek van rysmeel gebruik? Ek kry nerens nie. Baie dankie
Elsje, jy kan na mielieblom kyk…maar ek verkies om eerder die rysmeel te gebruik sodat die konsistensie van die koekie dieselfde bly. Groete Annelien Pienaar