
Ek geniet dit om hierdie gereg te maak omdat ek alles in die hutspot (slowcooker) of oondskottel kan pak en vergeet daarvan tot en met opdiening. Ons woon ver van die kerk en vir ‘n sondag middag as jy na kerk tuis kom, is die reuk van hierdie hoeder dis ongelooflik. Omdat ek probeer gesond en lae sout te leef het ek die resep so aangepas om weg te doen met pakkies sop poeier en alle daagste bestanddele gebruik om geur en smaak asook verdikking in te bring. Kom, laat ons kook!
1.5 kg of 10 Hoender dye
1 Ui, groot, fyn gekap
5 Aartappels, groot in wiggies gesny
15ml (1e) Knoffel, fyn
2 Seldery stingels, fyn gesny (opsioneel)
250ml (1k) Mayonnaise
250ml (1k) Room
125ml ( ½ k) Blatjang
250ml (1k) Water
60ml (4e) Mielieblom (Maizena), maak pasta aan met die water
60ml (4e) Tiemie, gedroog
10ml (2t) Sout
5ml (1t) Peper
Sout en peper die hoender. Pak hoender en groente in oondvaste skottel of in hutspot.
Maak al die ander bestanddele saam aan en giet oor hoender. Vir oondbak: bedek 3/4 van die tyd en maak oop om bruin te bak die laaste deel van gaarmaak.
Oond: 150℃ vir 4 ure of as jy haastig is 180℃ vir 2 ure. Slowcooker: 6-8 ure op high
English Version
1.5kg or 10 Thighs
1 Onion, large, chopped
5 Potatoes, cut into wedges
15ml (1tbsp) Crushed Garlic
2 Celery sticks, thinly sliced (optional)
250ml (1cup) Mayonnaise
250ml (1cup) Cream
125ml ( ½ cup) Chutney
250ml Water (1cup)
60ml (4tbsp) Cornstarch (Maizena) made into a paste with some of the water
60ml (4tbsp) Thyme, dried
10ml (2tsp) Salt
5ml (1tsp) Pepper/
Season chicken pieces to taste with salt ‘n pepper. Arrange into oven dish or slow cooker with onions and potatoes.
Mix all the other ingredients together and pour over chicken.
Oven: 4 hours at 150℃ covered or 2 hours at 180℃. Slow cooker 6-8 hours on high.
Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 6-8 servings
Beste Annelien, ons tema op die kerkbasaar is oosters. Help my asseblief met n resep van n gereg wat ons kan maak met repies beesvleis
Oosterse vleise is nogal “warm” en die mense gebruik nogal baie gemmer en chillies. Dus sal ek vir jou voorstel om op die webtuiste onder vleis en dan bees te gaan loer na die resepte wat dalk ‘n effense warmer toon het. Marokkanse vleisdisse sal ook baie goed gaan. Groete Annelien
Annelien jy het n beesvleis stue opgehad. Kan jy my asseblief help wat gooi mens alles in. Ek onthou 1kg vleis..maar hoeveel sousblokkies vooi ek in. Kan jy help asb
Bees vleis stue help asb
https://annelienpienaar.co.za/2017/05/31/bief-stroganov/
Loer na die Beefstrogganov