Wanneer ‘n resep vir my werk deur oor en oor suksesse op te lewer probeer ek die beste uit dit te haal. Die resep se basis word gegee en daarna kan jy laat waai met ‘n paar variasies. Ek plaas die variasies onder opskriffies by mekaar, moenie uit die groepies uit variasies doen nie, veral as die bestanddele groot mates is.
Die beslag leen hom daartoe om ook as ‘n muffin bedien te word en dus uiters geskik vir die kosblik. Wat die resep nog verder my persoonlike wenresep maak, dit kan in die oond of in die mikrogolf oond gebak word. Die beste van beide wêrelde!
Variasie 1:
25ml Uie vlokkies (week altyd vir 10 min eers in karringmelk om sag te word)
200g Spek repies, gekap en liggies gaar gebraai
2ml Cayenne peper
Variasie 2:
½ t Knoffel vlokkies gedroog (week vir 10 min eers in karringmelk om sag te word)
200g Ham, gekap
¼ t Gerookte paprika of gewoon
Variasie 3:
½ k Fyn spinasie
½ k Feta
Variasie 4:
½ k Vars spriet uie
1k Gerookte worsies of Knoffel polonie, gerasper
Basis Resep
500g Bruismeel (Maak jou eie Bruismeel, klik hier
1 t bakpoeier
5ml Groente sout in Boerekos met ‘n Twist kookboek
250ml Cheddar kaas
500ml Karringmelk
Metode:
1. Sif die droeë bestanddele saam en voeg die kaas by en roer goed deur.
2. Voeg die variasies by die droëe bestanddele en meng die karringmelk by. Moenie die mengsel oor werk nie. Daar mag nog klam dele wys.
3. Skep in panne van keuse. Vir broodpanne skep net half vol. Muffin panne ¾ vol.
4. Bak teen 180℃ vir 60 minute vir bronde en vir muffins 25-30 minute.
5. Mikrogolf: 14min
Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za
Hoeveelheid: 24 kolwyntjies, 1-2 brode.