Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kapok aartappels met ‘n Twist

Table of Contents

Is daar ‘n tower-kunsie of twee om veerligte kapok aartappels te maak of is dit net geluk? Nee, dit het alles te doen met die varieteit van die aartappel wat gebruik word. Ek verkies om ‘n melerige soort aartappel te gebruik wat die veerligtheid van die fyn aartppels verseker. Maar wat gemaak as jy net ‘n kombinasie aartappel in die spens het? Ek het hierdie soort aartappel getoets en ‘n heerlike veerligte Kapok aartappel resep ontwikkel. Indien jy nie seker is oor aartappel varieteite nie, kan jy die artikel oor Aartappel varieteite lees.

Klik hier: https://annelienpienaar.co.za/2019/01/16/aartappels-watter-kultivar-om-te-gebruik-in-jou-huis/

Die kinkel in die Kapok aartappels is twee ledig. Ek hou van knoffel of uie geur in Kapok aartappel en my moeder het altyd uie fyn gekap en dan in botter met vars dill blaartjies soteer totdat die uie glansend en amper bruin was. Daarna het sy dit by die fyn aartappels in gemeng en ons kon as kinders nie genoeg kry. Sy het ook die aartappels nie deur ‘n aartappel rys sif gesit maar met die hand en ‘n aartappel “masher” fyn gedruk maar nie te fyn sodat jy nog die klontjies van die smeltende aartappel kon proe. Tot vandag is ek gek oor hierdie kombinasie.

Ek het met die toets van die resep ook gevind as mens Kapok aartappels wil maak en die aartappels in ‘n voedselverwerker of deur ‘n sif vryf, dit geneig is om ‘n taai storie te raak wat nie romerig en lig is. Dus, gebruik ek maar die ou metode en druk die aartappels per hand en die ou “masher” fyn. So, kyk mooi na die manier hoe jy die aartappel verwerk want dit het ook ‘n invloed op die tekstuur van die finale produk.

6 aartappels, up-to-date, medium grootte, gekook met skil tot sag
100 g botter
50 ml melk
¼ t neutmuskaat (nutmeg)
½ t vars gemaalde swart peper
sout na smaak

Skil die aartappels so warm as moontlik en druk fyn met ‘n aartappel drukker. Voeg die melk en botter by en roer goed deur. Indien nog te grof kan die aartappel net verder fyn gedruk word. Voeg die geur en smaak middels by en bedien warm.

Variasie
1 k uie fyn gesny, ¼ k dill blare, vars, gesnipper en gebraai met 30 g botter tot glansend en amper bruin. Stoom die uie vir die eerste 10 minute met deksel op oor matige hitte. Voeg dadelik by die warm kappok aartappels.

Bron: Annelien Pienaar, 2019
Hoeveelheid: 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “Kapok aartappels met ‘n Twist”

  1. Herman Kern

    Dis sonde om die skil te verwyder, ek verkies my skil saam met die aartappel fyngedruk, die gebraaide uie triek is ook waarme ek groot geword het.

  2. Annelien

    Hallo Manie, lekker om van jou te hoor. Groete Annelien

  3. Annatjie vd Westhuizen

    Mmmmm… baie lekker! Het ook met hierdie een groot geword en doen dit nog steeds vandag so!!

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!