
Heerlik, lig en veelsydig is hierdie veerligte happie. Die poffertjies kan met of sonder ‘n vulsel bedien word. My persoonlike beste, warm uit die oond sonder ‘n vulsel en een groot behaaglike hap! Geniet. Wenk: Hierdie mengsel kan dae voor die tyd gemaak en verkoel word, en gespuit word op die dag om te bak of die beslag kan gevries word.
130 g gouda/gruyere/emmental/edam grof gerasper
125 ml (1/2 k) melk
125 ml (1/2 k) water
7 e botter in blokkies gesny en kamer temperatuur
140 g (1 k) koekmeel
4 large eiers
¼ t sout
Knippie peper
Knippie neutmuskaat
Knippie of twee gerookte paprika
Voor verhit oond na 200 C. Neem ‘n bakplaat en voer dit met ‘n Teflon matjie/Bakkers papier of silikoon mat uit. Hou eenkant. Berei ‘n spuit sak voor met ‘n ronde groot punt.
Plaas die melk, water en botter in ‘n 15 cm grootte kastrol en verhit oor matige hitte totdat die botter gesmelt het. Roer aanhoudend om aanbrand te voorkom. Sodra die melk mengsel lyk of dit wil begin kook, verwyder van hitte.
Voeg die koekmeel by en met ‘n draad klitser, klits die meel vinnig by. Moenie kommer, die mengsel sal soos kapok aartappels lyk. Plaas die mengsel terug oor medium hitte en kook vir 5 minute tot gaar, hou aan liggies roer. Die mengsel sal amper soos choux pastry se bal lyk wat vorm…maar dalk bietjie natter. Laat hierdie mengsel dan afkoel, sonder ‘n deksel.
Sodra lou warm, liggaam temperatuur, voeg die eiers en geurmiddels by en roer goed deur. Voeg 100 g van die kaas by, en hou die res vir bo-op sprinkel.
Plaas die beslag in die voorbereide versiersak. Spuit dan bolletjies van hierdie mengsel 4 cm van mekaar op die bakplaat ongeveer 4 cm in deursnit. Hou jou hand wat die versierbuis vashou loodreg tot die bakplaat. Die versierbuis se punt mag nie aan die plaat raak, ongeveer 5 mmm van die bakplaat begin jy die buis te druk sodat die deeg in een kol aan hou sprei en tel een, twee, drie en lig die sak. Herhaal. Jy kan ook sirkels op die papier trek of sirkels op papier uit druk en onder die papier plaas waarop daar gebak gaan word as templaat.
Sodra al die sirekels gespuit is, maak jou vinger nat en druk die puntjies wat van die spuit gevorm het plat en sprinkel met kaas en gerookte paprika.
Bak 20-25 min.
Bedien warm.
Jy kan die holtes vul met heerlike ham gemeng met witsous.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024
Hoeveelheid: 30 ongeveer
Hi Annelien, hoeveel “jumbo” eiers sal ek vir die kaaspoffertjies gebruik as ek nie “large” eiers het nie?
Louise, dankie vir jou navraag. Loer gerus na my uitgebreide inligtingstuk oor eiers en hoe om dit om te skakel. Groete Annelien https://annelienpienaar.co.za/2020/11/03/eiers-gewig-omskakelings-uitruilings-en-alternatiewe/