Tuisgemaakte soutbeskuitjies bros, botterig en perfek gesout is. Hierdie eenvoudige Salty Cracker-resep is ideaal vir kaasborde, sop of peuselhappies – vinnig, maklik en sonder preserveermiddels.

Bestanddele

  • 280 g (2 k) koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 15 ml wit suiker
  • 5 ml sout, verdeel
  • 110 g (8 e) koue botter of 80% bakkers margarien, verdeel
  • 30 ml (2 e) sonneblom of olyf olie
  • ⅓ koppie water
  • 1 eier – geklits (opsioneel, vir eierwas)

Metode

  • Voorverhit die oond tot 200 °C en voer bakplate uit met bakpapier of smeer met pansmeer.
  • Plaas die meel, bakpoeier, suiker en ½ teelepel sout in ’n voedselverwerker en pols kortliks om te meng.
  • Voeg 6 eetlepels van die koue botter bietjie vir bietjie by en pols totdat dit ingewerk is.
  • Laat die voedselverwerker loop en giet die groente-olie stadig by.
  • Terwyl die mengsel pols, voeg die water bietjie vir bietjie by totdat ’n deeg begin vorm. Jy mag dalk nie al die water nodig hê nie – moenie alles op een slag bygooi nie.
  • Keer die deeg uit op ’n meel bestrooide oppervlak en rol dit so dun moontlik uit met ’n koekroller. Voeg ekstra meel by indien dit vassit.
  • Gebruik ’n koekiedrukker of mes om beskuitjies uit te sny en plaas dit op die voorbereide bakplate. Rol die oorblywende deeg totdat alles gebruik is.
  • Prik gaatjies in elke beskuitjie (byvoorbeeld 2–3–2).
  • Verf liggies met die geklitste eier (indien gebruik) en sprinkel die res van die sout oor.
  • Bak vir 10 minute op die middelste oondrak.
  • Smelt die oorblywende 2 eetlepels botter en verf die warm beskuitjies dadelik daarmee.
  • Laat afkoel en geniet!

    Wenk: jy kan in die deeg vars kruie soos roosmaryn gebruik, maar kap dit eers mooi op en werk so 2 e in die deeg in. Knoffel poeier werk ook heerlik in hierdie deeg of selfs uie poeier so 1 vol teelepel.

    Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 1998
    Hoeveelheid: 50 koekies afhangend van die grootte drukkers.