Hier is ‘n heerlijke olyf-blatjang resep wat jou bestanddele perfek balanseer in smaak: sout, soet, suur en ‘n tikkie bitter van die olywe. Die resep lewer ongeveer 500 ml (2 koppies) geurige blatjang, ideaal saam met kaas, brood, vleis of in slaaie.

250 g ontpitte swart olywe, grof gekap
1 medium ui, fyn gekap (ongeveer 120 g)
2 knoffel huisies, fyngekap
30 ml bruin asyn
60 ml balsamiese asyn
75 g treacle suiker (ongeveer ¼ koppie styfgepak)
1 granny smit appel stukke
¼ teelepel swartpeper, vars gemaal
15 ml olyfolie (vir die braai van die uie)
Ekstra olyf olie om die gebottelde produk mee op te vul

Soteer:
Verhit die olyfolie in ‘n klein kastrol oor medium hitte. Voeg die gekapte ui by en soteer tot sag en goudkleurig, sowat 5–7 minute.
Voeg knoffel by:
Roer die knoffel by en soteer nog 1 minuut totdat dit geurig is.
Kook die blatjang basis:
Voeg die olywe, bruinasyn, balsamiese asyn, treacle suiker, appel stukke, swartpeper en sout by. Roer goed deur.
Laat prut:
Laat die mengsel stadig prut oor lae hitte vir 20–25 minute, roer gereeld totdat dit effens verdik en ’n dik mengsel. Puree met staaf stok.
(As dit te dik raak, kan jy ‘n eetlepel of twee water byvoeg.)
Afkoel en bottel:
Verwyder van die hitte en laat effens afkoel vir 5 min. Skep in warm gesteriliseerde 500 ml glasfles, giet bietjie olyfolie op en seel dadelik.
Jy kan ook klein botteltjies gebruik as geskenkies of as patee vir piekniek mandjies. Steeds warm bottel asb.

Bewaring:
24 maand op die spensrak. Nadat geopen is in yskas en gebruik voor 3 maande verstreke is.

Onthou:
Die geur verbeter na 2–3 dae wanneer die smake deurgetrek het.

Wenke:
As jy ‘n warm weergawe wil hê, voeg ‘n knypie rooipepervlokkies of ½ teelepel mosterdsaad by tydens kook.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2025