Wie van ons ken nie die vrolike soet kleure van gekleurde springmielies nie? Dit is seker een va maklikste goed om te maak veral vir Entrepreneurs dae!

Nuttige inligting

  • Jy kan verskeie kleure maak van hierdie resep.
  • Jy kan ook geursel insit sou jy verkies tot 2 ml per kleur.
  • Jy kan ook springmielie balle maak en die meng slag net alles aan mekaar druk.
  • Hierdie is ‘n klein resep en kan met gemak met 2, 4, 5 en 10 vermenigvuldig word.

180 g springmielies
Gel voedsel kleursel van keuse
210 g wit suiker
90 g water

Spring die mielies soos jy gewoonlik sou doen.

Neem 3 sakkies met zip lock tipe toemaak opsie. Plaas dan die suiker in eweredige hoeveelhede in die sakkies. Voeg dan die voedsel kleursels by en vryf die sakkies baie goed sodat die suiker mooi bedek word met die kleursel. Ek vind per sakkie 70 g wit suiker met so 3-5 druppels gel maak ‘n mooi diep kleur. Maak dan die sakkies toe vir latere gebruik.

Plaas dan in ‘n kleef werende pannetjie, ‘n sakkie suiker en daarby 30 ml (2 eetlepels) water. Bring stadig tot kookpunt sodat die suiker mooi eweredig smelt. Neem dan 2-4 hande springmielies (reeds gepop) in die pannetjie en roer liggies deur. Of as jy vind dit werk vir jou beter om 4 hande springmielies in ‘n glas of metaal bak te plaas en dan die suiker oor te giet en te roer, doen dan so. Elke persoon sal wel ‘n metode van bedekking vind wat vir jou sal werk. My pannetjie is te klein daarom doen ek die bak metode, maar my sussie het ‘n groot pan en doen dit direk in die pan.

Moenie kommer as die springmielies aan mekaar klou…werk net baie vining dan sal die klouery minder wees. Los om af te koel en breek dan op.

Was die pan en begin weer. Lekker speel en geniet!

Hou lugdig vir 2 maande. As daar te veel vog in die lug is, sit ‘n pakkie silica onder in die houer en of ‘n stukkie ryspapier om vog te absorbeer.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 1996
Hoeveelheid: 6 porsies