Dekadent, Keurig en smaakvol is die woorde wat vir my op kom as ek na hierdie High tea: Elegante Teetyd Olyf broodjie kyk. Ek dink: perfek vir ‘n elegante High tea of ‘n spesiale piekniekmandjie as jy jou geliefde wil bederf!!! Dit kan ‘n stapel in jou huis word en ook met alternatiewe meel gemaak word vir Gluten vrye opsies of selfs ‘n Keto vriendelike meel. Tog is die bestanddele watertand en vertoon regtig baie mooi in hierdie broodjie as dit gesny word. Die broodjie kan in kleiner vorms gebak word in kolwyntjie grootte of selfs mini broodjies.

Slim planne met bestanddele vir variasie op die High tea: Elegante Teetyd Olyf broodjie

kan gemaak word met duur items soos tuna, salm, krap stokkies, gerookte mossels, char cuterie vleise soos gerookte ham, spek, salami, hoender en vele meer of geen dierlike proteine is ook reg. Geen aanpassing nodig in die resep.

Bestanddele vir die High tea: Elegante Teetyd Olyf broodjie

  • 280 g (2 k) koekmeel, gesig
  • 15 ml (1 e) bakpoeier
  • 5 groot eiers, by kamertemperatuur
  • 75 g (⅓ k) botter of 80% bakkers margarine, gesmelt (indien jy botter gebruik, verhit en skep skuim af, moenie kook nie)
  • 75 g (1/3 k) olyf olie
  • 200 g (⅔ k) vol room melk
  • ½ t sout
  • Swartpeper (na smaak)
  • 60 ml (4 e) spriet uie, gekap
  • 150 g (1 ½ k) Emmental-kaas, gerasper of gouda kaas
  • 150 g (1 ½ k) gerookte salm gaar, tuna in brine, ham, hoender, koue vleise in stukkies gesny
  • 50 g (1/2 k) groen olywe, ontpit en gekap
  • 50 g (1/2 k) swart olywe, ontpit en gekap (of jy kan 100 g se olywe van jou keuse gebruik)
  • 50 g (1/2 k) geblikte peppadews fyn gesnipper
  • Vir versiering (opsioneel):
  • Gerookte salm
  • Snytjies suurlemoen

Instruksies vir die Veelsyige Olyf broodjie

  • Verhit die oond tot 160°C. Botter en meel ’n broodpan (ongeveer 20 x 10 cm) en klop die oortollige meel uit.
  • Sif die meel en bakpoeier saam in ’n groot mengbak.
  • Voeg die eiers by en klits met ’n hand klitser totdat dit goed gemeng is.
  • Voeg die warm botter (verhit tot ongeveer 50°C) en druiwesaadolie by. Meng met ’n rubberspatel.
  • Giet die melk in, voeg sout en peper by, en meng goed.
  • Roer die vlasaad en gerasperde Emmental-kaas by.
  • Voeg die salm (vars en gerook), spriet uie en olywe by en roer net tot dit gemeng is – moenie oormeng nie.
  • Giet die beslag in die voorbereide pan, maak die bokant gelyk, en sprinkel met ekstra kaas bo-oor.
  • Bak vir 10 minute by 160°C. Verlaag dan die oondtemperatuur tot 150°C en bak vir nog 30 minute. Hou die kleur van die kaas dop – dit moet mooi goudbruin wees.
  • Haal die brood uit die pan en laat dit afkoel op ’n draadrak.
  • Versier indien verkies met roomkaas, gerookte salm, suurlemoenskyfies, swart sesamsaad en prei- of klawerspruite.

Kolwyntjie grootte broodjies

  • Jy kan ook mini-broodjies maak deur die beslag tussen kleiner panne te verdeel – pas net die baktyd aan soos hiernaas bespreek.
  • Bedien dit warm of koud, saam met ’n glas wyn en ’n vars groen slaai vir ’n elegante fyn ete.
  • Voorverhit die oond tot 160°C.
  • Skep die beslag ongeveer ¾ vol in elke holte van die pan.
  • Bak vir 20 tot 25 minute by 160°C, of totdat ’n toetspen skoon uitkom en die kaas ligbruin gebak is.
  • Laat effens afkoel in die pan en plaas dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
  • Wenk: Hou dit dop na 18 minute – oonde verskil, en die kaas bo-op gee ’n goeie aanduiding wanneer dit gereed is.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2025
Hoeveelheid: 1 medium broodjie of 12 kleiner broodjies of kolwyntjies.