‘n Veelsydige geurige gladde Tamatiesous geskik vir pasta-, pizza’s hoender-, rys-, seekos- en beesvleis geregte.

2.5 kg tamaties, blansjeer en puree (ek verkies sanmarzano want die geur is intense n die kleur perfek rooi
2 k tamatie paste
½ k vars pietersielie, gekap
¼ k knoffel, vars en fyn gemaak
2 e origanum, gedroog
2 t sout
1 blikkie klapper room
5 uie, fyn gekap
2 k wit wyn
¼ k sagte bruin suiker
¼ k mielieblom gemeng met witwyn in ‘n pasta

Braai die uie tot deurskynend in  bietjie olie met ‘n knippie sout. Voeg dan die tamaties, tamatie paste by die mengsel en kook tot amper dik en helfte weg gekook en verdik het.

Meng die res van die bestanddele saam en kook vir 10 minute totdat dit verdik het.

Bottel warm in gesteriliseerde glas houers. Draai op hul koppe en laat goed afkoel. Stoor in jou spens vir 12 maande. Sodra dit geopen word gebruik binne 7 dae.

Hoeveelheid: 2 liter

Bron: Annelien Pienaar 2020