
Om jou eie kruie en speserye te kan meng is ‘n groot voorreg en vir my kan ek nie sonder die heel vorm van kruie en speserye, daar is iets magies rondom die maal en ontsluiting van die geure. Dus om hierdie resep regtig tot sy reg te laat kom probeer eendag om dit te maak deur self die bestanddele te maal en dan te vermeng. Geniet hierdie resep.
Hierdie resep kan met met gemak vergroot word vir groter volumes en…maak pragtige geskenkies.
15 ml (1 e) fyn Cassia (ligter in smaak as kaneel, maar kaneel kan gebruik word as jy nie ‘n meule het)
5 ml (1 t) fyn koljander
15 ml (1 e) All spice / Pimento / Wonder peper (alles hierdie is dieselfde ding, net die verskillende name om dit te beskryf)
5 ml (1 t) naeltjies fyn
5 ml (1 t) gemmer
15 ml neutmuskaat
Meng al die bestanddele saam en berg in lugdigte donker houertjie.
Gebruik saam met soet en sout geregte soos jou resep voorskryf.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2001
Hoeveelheid: 75 ml ongeveer