WArm, sag, romerig en smelt in die mond lekker! Min moeite koekie wat groot beloon is my woorde meer as gereeld vir die personeel by ons bakkery. Hierdie koekie is NIE my eie idee nie, maar so paar oorsese koekie boeke deur geloer op Kindle en besluit om dit my eie Twist te gee tov bestanddele in my land beskikbaar. Ek het ‘n verskeidenheid produkte getoets, soos botter vs bakkersmargarien, couverture sjokolade vs bakkerstipe en ek kan dus vir julle kundig advies gee tov produkte en ook variasies op die basis resep. Die resep is bietjie anders as normaal geskryf om die metodes makliker te maak. Lees en volg fyn asb.

Variasies:
Blondies: vervang kakao in dieselfde mate met mielieblom of vlapoeier en verander dan die sjokolade na wit sjokolade. Jy kan ook so 50 g se smarties, skittels, m&m’s, astros, mini malvalekkers in die plek van sjokolade gebruik, trek net die 50 g ekstra lekkers af van die sjokolade. Selfs vermicili kan gebruik word…wees lekker kreatief.

Red velvet: voeg by die eiermengsel se vog deel crimson red kleursel vir daardie kenmerkende rooi kleur. AS jy gel gebruik so 1 t is genoeg, vir poeier kleursel maak twee mespunte aan met 1 t sonneblom olie. Meng goed vir pigmente om te ontwikkel.

Espresso of Cuppacino: espresso poeier 1 e by die meel in gesif (nestle het ‘n espresso poeier wat puik werk), vervang sjokolade met caramel splinters en dan caramel geursel ipv vanielje.

Fudge/nougat/neute/rosyne: voeg 100 g fudge/nougat/neute/rosyne afval stukkies by en trek dit af van die sjokolade gewig.

RESEP

230g botter of yellow woodenspoon of storkbake of spar bake (80% vet inhoud kritiek)

NB, die botter moet vooraf in blokkies gesny word en dan terug na die yskas vir ‘n uur om hard te word. Die botter mag nie by kamertemperatuur staan. Onthou vir hierdie resep werk jy NET met die K haak van jou staan menger asb.

Klits op matige spoed NET vir 60 sekondes en stop.

160g strooisuiker
160 g ligte bruinsuiker (nie treacle of sagte klam bruinsuiker soorte)

Meng die twee suikers eers saam. Voeg by die botter en klits vir 30 sekondes sodat die botter en suiker eweredig versprei. Die botter MOET chunky voorkom.

450 g sjokolade splinters, enige kleur sjokolade kan gebruik word. (lees asb die artikel oor goeie bakkers sjokolade. In hierdie geval moet jy die soort gebruik wat kan smelt soos n couverture, maar is duur. Anders gaan vir die plat plakke bakkers sjokolade en kap grof op. Die nibs sal nie smelt en die koekie sal nie reg uit kom. Hierdie is die maak of breek van die resep.)

Meng weer 30 sekondes op matige spoed net om goed deur te werk.

430 g koekmeel
70 g kakao 
½ t sout
½ t koeksoda
1 e bakpoeier

Sif al die bestanddele goed saam en voeg by die growwe botter en suiker mengsel.

2 large eiers heel
1 eiergeel
5 ml vanielje geursel

Meng al die bestanddele saam en meng dan vir n minuut teen matige spoed.

Keer die beslag uit en weeg dan bolletjies af na gelang van jou keuse. Ek stel voor vir hierdie resep om ‘n bakers dozen uit te kry (die dertiende koekie is vir proe, die 12 is vir verkoop…haha). 120 g deeg ongeveer. Druk die bolle met jou palms in plek, dit sal nie kan rol, druk dit dus soos modder koekies wat jy in kleintyd gevorm het.

Vries dan die bolle tot klip hard op ‘n bakplaat en bak soos benodig. Onthou om die koekies altyd te bedek met kleef plastiek in vrieskas…sodra dit hard is na so 2 ure.. kan dit dan lugdig in ‘n houer gepak word en verder gevries word en gebak word op aanvraag.

Voor verhit oond na 180C. Plaas ‘n bakplaat vooraf in die oond om saam met die oond te voorverhit. Pak dan die bolletjies direk op die warm plaat en bak

Bak by 180 C vir 15-18 minute na gelang van die taaiheid wat jy verlang…jou tong kan mos nie jok nie…proe maar en toets die tye.

Hierdie koekies vries vir 12 maande puik. Perfek vir jou koffiehuis se besige dae en ook om voorraad op te bou.

Hoeveelheid: 13 x 120 g deeg bolle.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2000

Geniet!