
Kombinasie tussen ‘n American buttercream en French meringue versiersel. Uiters vog en hitte stabiel. Die geheim hier is die meringue wat berei word wat dus die suiker en die vette stabiliseer sodoende teen hitte van 38C vir ‘n uur of twee vorm te behou. Tydens een van my Versier klasse het ek die versiersel in direkte Januarie son vir 3 ure laat staan teen 38C. Die wind was ook warm. Al wat gebeur het was die blom het begin blink maar glad nie vorm verloor, die aangehegte foto is die toets produk. Dus kan jy sien die mengsel pipe goed en hanteer hitte ook baie goed.
Verder vorm die botter versiersel nie soos ander ‘n bros suiker lagie na mate tyd verloop. Dit bly sag en glansend. Onthou om maar altyd jou buise met ‘n klam lap toe asook die bak. So weet jy dat groter volumes van die versiersel nie goedjies in kry wat versierbuise mag verstop.
Vir die stoor van ENIGE versiersel vir latere gebruik vind ek om die oortollige in sakkies met zip locks te plaas, al die lug uit te vryf en die versiersel dan plat in velle te stoor. So ontdooi dit binne 10 minute in die somer. Moet nooit versiersels in bondels laat vries want so gaan jy regtig sukkel om te ontdooi as jy haastig is. Vir vrieskas is die raklewe so 12 maande en yskas stoor 6 maande.
Verder, indien jy vind jy het dalk die versiersel te fluffy geklits, kan jy met die grootste gemoedsrus net met ‘n spatula die mengsel teen die kant van die mengbak lekker druk en deur werk sodat dit bietjie minder pof is. Jy sal gou sien wat vir jou werk.
Vir kleure wat jy wil ontwikkel bv diep rooi, swart ens… stel ek die volgende voor wat ek uit ervaring van Rolkem geleer het.
a. Poeier kleursels: bloom dit eers in sonneblom of enige ander olie. Moet nooit direk by die versiersel gooi…kleure sal kolle maak en ook dieper raak oor die verloop van 24 uur. Jy wil NOU die kleur sien. So die pigmente moet hidreer word asb. Vir meringues moet jy alkohol gebruik geen olierigheid…net so ekstra wenkie vir julle.
b. Sodra die pigmente hidreer het, skep bietjie van die versiersel so ongeveer 5 e uit en sit in glas bakkie…meng pigment by en verhit in mikrogolf vir 10 sekondes. Jy sal merk die kleur verdiep. Verhit weer vir 10 sekondes en roer dan by die groter mengsel en pas dan kleur aan met hierdie tegniek. Jy kan dit ook toepas vir gel kleursels. Ek verkies die poeiers bo gels, maar so het elkeen sy eie voorkeur. Geniet en tag my op sosiale media met jou skeppings.
c. Hierdie resep kan jy gemak met 2, 4, 5, en 10 maal vermeerder.
Hierdie resep lewer op enkel aanmaak ongeveer 500 ml versiersel genoeg vir ‘n dubbel laag koek maar nie genoeg vir ekstra details piping werk.
Koeke wat vog trek: die reel is koeke word verkoel, dan gevries, dan die eerste laag versiersel en weer verkoel tot later as dit klaar afgerond word. Koop vir jou ‘n 10 liter emmer, koop ‘n deursigte een. Hou die koek dan bedek in so n emmer om die vog in die lug minder te maak en as jy uit die ys of vrieskas haal, laat die koek steeds so toe in die emmer ontdooi of tot kamertemperatuur kom. So sal jy nooit ooit weer sukkel met ‘n klam koekerasie. Woon ‘n volledige koek klas by waarin ek hierdie aspekte hanteer.
Botter: indien jy botter wil gebruik stel ek voor jy klits die botter totdat dit baie witter raak, ongeveer 10 min met die k haak van jou menger. Hierdie is hoe jy ook dan beter pigment kleur ontwikkelling kry uit kleursels. Om bietjie witter te maak voeg ‘n halwe druppel VIOLET gel kleursel by die mengsel.
Wit margarien: ek het Stork bake se nuwe wit 80% vet inhoud margarien getoets en die mengsel was nie stabiel en het loperig geword en het klonte getoon. Die Woodenspoon wit het perfek uit gekom en was super stabiel soos met die roos se toets gesien. Wees gewaarsku! Soos op die foto gesien: Links is Stork en regs is Woodenspoon. Die Woodenspoon lyk dit maar as dit gepipe word satyn sag en glad.

75 g wit suiker
55 g ketel kokende warm water
15 g Meringue poeier, in SA praat ons van Actiwhite OF 1 eierwit wat ongeveer 50 g weeg (gepasteuriseerde eierwitte verkieslik)
225 g versiersuiker
225 g wit woodenspoon (kamertemp, jou vinger moet deur die blok kan druk) OF 200 g botter, rede vir die minder botter omdat dit maklik smelt moet jy minder gebruik.
1 t geursel van keuse
twee knippies sout
twee knippies bakpoeier
Voeg suiker by kokende warm water, roer totdat die wit suiker opgelos het. Laat afkoel.
Sprinkel die meringue poeier oor die suiker stroop en roer liggies sodat die poeier kan hidreer. Met die ballon draad klister van jou menger, klits die mengsel totdat dit soos eierwitte styf raak. Oppas vir te veel klits want dan gaan jy per hand na die tyd moet borrels uit vryf.
Voeg dan die versiersuiker, sout en bakpoeier lepel vir lepel by totdat al die versiersuiker ingemeng is.
Verander na die K haak van jou menger. Daarna volg die botter/margarien bietjie vir bietjie en klits tot glad en glansend vir 5 tot 8 min.
Hierdie versiersel kan vir maande in die yskas gestoor word.
Bron: Annelien Pienaar, Koekversierklasse.
www.annelienpienaar.co.za
Kopiereg op resepte, Moenie versprei asb groot asb, dit is ‘n uittreksel van my klasse.
Annelien dit lyk fantasties. Ek is só bly vir my subskripsie. Baie dankie🌹
Annelien as ek sou die 50gram eierwit gebruik in plek van Acti White..wanneer en hoe voeg ek dit by asb ?…. dankie waardeer
Elsa, lees asb die resep sorgvuldig, die antwoord is in die metode. Actiwhite is ‘n handelsmerk naam en is eierwit/meringue poeier.