Vinnig en heerlik om te maak. Wortelkoek beskuit met ‘n kenmerkende speserye smaak. Ek maak gebruik van my soetspeserye genaamd Speculaas om die geure van ‘n Wortelkoek in te bring. Die gebruik van gedroogde piesangs word in hierdie resep in gewerk. Dit sal geen afbreek doen aan die kwaliteit van die beskuit. Moet nooit vars piesang moes gebruik want dit maak die mengsel slymerig en taai. Daarmee saam kan beskuit baie hard uit kom en ook muf as dit lank gestoor word. Dus is dit belangrik dat gedroogde vrugte altyd gebruik word. Loer gerus na die Luukse Miljoenêrs beskuit beskuit resep as jy meer wil leer oor gedroogde vrugte gebruik.
400 g (2 k) Treacle sugar (sien wenk om self te maak)
500 g (2 k) hoog vol Rama of Storke bake
500 ml (2 k) lae vet ongegeurde yoghurt
3 groot eiers geklits
1 kg (7 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) speculaas kruie (hoeveelheid na gelang van smaak)
380 g Weetbix stafies, grof gebreek
150 g (1 1/2 k) pekans
150 g (1 k) gedroogde piesangs of appelstukkies of peer of persimon is ook heerlik
125 g (1 k) fyn gerasperde wortels / butternut / pampoen of beet werk ook goed.
Meng alle droë bestanddele saam.
Smelt die botter/margarien, bruinsuiker saam, moenie kook nie. Laat effens afkoel en voeg die joghurt by, meng goed deur. Voeg dan die geklitsde eiers by en hou eenkant.
Neem die wortels en meng dit by die eiermengsel in en meng totdat die wortel goed versprei is.
Voeg die nat mengsel by die droe bestanddele en meng liggies om een massa te vorm, oppas vir oor werk want die beskuit sal hard wees as dit gedroog word.
Giet uit in beskuit panne, druk plat, sny vooraf in vingers en bak by 170C vir 35 minute.
Droog dan in 90C -100C oond tot droog.
Verpak lugdig.
Wenk: ongedroogde beskuit kan bevries word en gedroog word soos benodig. Maak jou eie treacle suiker met 1 kg wit suiker en 1/4 k molasse stroop of blackstrap molasse, meng en stoor in lugdigte houer.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2023
Hoeveelheid: 40 vingers afhangend hoe groot jy sny.
Hello Annelien, kan ek muscavado suiker gebruik ipv treacle suiker as ek die spekulaaskoekies wil bak?
Madeleine,
Jy kan verseker ja want dit is steeds ‘n nat tipe suiker. Demarera is ook goed.
groete
Annelien