
Hierdie broodjie kan vir maande op die rak staan en hou baie goed.
500 g koekmeel
500 g bruinbrood of volkoringmeel
30 ml chiasade of flax sade
1/2 k pampoensaad
1/2 k sonneblom saad
30 g wit suiker
10 g sout
1 x 10-14 g sakkie kits gis
1 x 1 liter bottel
Meng die koekmeel met witsuiker, sout en sade. Skep in lagies in die bottel met die bruin meel. Die meel mag nie alles in die bottel wil pas maar as jy die bottel so effe wikkel op ʼn harde oppervlak en liggies stamp sal die bestanddele kompakteer. Plaas ʼn sakkie met kitsgis bo in en skroef dig toe.
Instruksie kaartjie wat aangeheg word:
Hierdie mengsel kan vir 3 maande op die rak hou by kamertemperatuur of in die vries/yskas vir 6-12 maande. Onthou dat die verkoelde mengsel asb eers by kamertemperatuur moet kom voordat dit gemeng word. Die gis sal dood gaan as dit hitte skok sou kry. Wees versigtig.
100 ml olie
850 ml kraan water (die temperatuur wat jy sal drink as die water direk uit die kraan kom)
Keer die inhoud van die bottel uit in ʼn mengbak, open die gis en meng deeglik met die meel. Voeg die olie en water by. Met ʼn houtlepel roer die mengsel totdat dit bymekaar kom. Rus die deeg vir 30-45 minute totdat dit verdubbel het in volume.
Smeer twee piesangbrood pannetjies en voorverhit oond na 180C.
Deel die deeg op in twee brode en druk op ʼn olie besmeerde oppervlak plat en rol soos ʼn rolkoek op en plaas met die naat na onder in die pan. Laat die deeg rys vir 30 minute of totdat die deeg sy eie volume weer verdubbel het.
Bak vir 45 minute by 180C. Laat vir 5 min in pan af koel voordat ontvorm en verder verkoel.
Wenke: Sade kan met ‘n verskeidenheid ander sade vervang en ook gemeng word tot dieselfde mates soos in resep aangedui. Bv. 1 k totale saad word benodig dus kan jy ‘n verskeidenheid sade meng. Oppas egter vir chai- en flax seeds want dit het ‘n dorstige jel lagie wat eers vooraf geweek moet word. Neute, bessies en gedroogde vrugte kan ook deel van hierdie 1 k mate uit maak. Geniet die Twist op die basis resep.
Hoeveelheid: 2 brode