Gegeurde suiker
Die konsep vir gegeurde suikers is heel eenvoudig. Deur suiker te stoor met ‘n skerp geur bestanddeel sal dit in die suiker in trek en so die suiker geur vir gebak en drankies.

Vanielje suiker
Eerste keuse is om 1 liter suiker met 5 vanielje peule te geur. Sny die peule in die lengte oop en plaas in die suiker om te geur vir ‘n week. Moenie die peule verwyder.

Opsie twee is om vanielje geursel op ‘n lappie te sprinkel en effens te laat droog. Neem ‘n stukkie katoen lap van 10 cm by 10 cm. Doop dan in vanielje geursel of geursel van keue en laat tot amper droog, maar effe klam. Neem 1 kg suiker en vul bottel net halfpad plaas lappie in die suiker en vul op. Laat die suiker vir ‘n week geure absorbeer. Hou die lappie in die bottel.

Ek vind dat geursels met ‘n olie basis vir my beter werk want dit sal die suiker nie te klam laat word of verhard in die bottel. Kyk mooi na die voedsel etiket as jy aankoop.