Familie tradisies vanaf ‘n Duitse ouma wat voortgesit word, maar net in die Wintermaande in SA!
6 ekstra groot eiergele
½ k suiker
2 k volroom melk
2 naeltjies
Knippie kaneel
1 k dubbelslag room (Woolworths) Double thick cream
½ t neutmuskaat fyn gerasper, vars is beter
1 1/2 t vanielje ekstrak of geursel
2 e elk bourbon en ligte rum (rum geursel sal geskik wees vir kinders.
Klits eiergele met suiker tot lig en romerig vir 5 minute.
Verhit melk met kaneel en naeltjies tot onder kookpunt. Voeg ‘n bietjie van die warm melk by die veroomde eier en klits goed deur. Voeg weer ‘n bietjie melk by en roer goed deur. Hierna giet die eiermengsel in die kastrol en plaas terug oor hitte.
Oor matige hitte terwyl jy roer kook die mengsel totdat dit verdik het, die mengsel MAG NIE KOOK NIE, dit sal SKIF! Dit sal ongeveer 5 minute neem. Druk ‘n lepel in die kokende mengsel en draai om en trek ‘n streep deur die agterkant. Dit sal ‘n mooi eenvormige massa wees en nie af drup. As jy ‘n melk of suiker termometer het verhit net tot 70C. Dit is letterlik net onder kookpunt. Verwyder van hitte.
Roer die room eerste by en daarna die drank en geursels. Dreineer en verwyder die die naeltjies. Indien die naeltjie te sterk in geur is, kan dit met ster anys of cardamom peule (1 van elk) vervang word. AS die mengsel wel effe geskif het gebruik jou staafmenger en maak dit glad.
Verkoel tot yskoud en bedien met ‘n ekstra skeutjie room en sprinkel van kaneel.
Lewer ongeveer 4 porsies.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, Desember 2020