Zinzino het op die regte tyd in my lewe gekom na ‘n paar baie moeilike maande om ‘n balans te vind met Hashimoto’s se siekte wat vir ‘n langtyd onder beheer was. Die inflimasie in my liggaam was so hoog dat ek by tye nie eens my vingerpunte kon voel. Maak nie saak hoe hard ek gewerk het en beplan het aan ʼn AIP (auto-immune-protocol) leefstyl, het ek dit nie kon reg kry om weer ʼn balans te vind. Op ʼn dag kom Mariaan Krynauw oor my pad en ons begin gesêls oor die onderwerp van Inflimasie en Immuniteits probleme en al die gesondheids kwessies wat daarmee gepaard gaan. Mariaan verskaf alle nodige inligting oor Zinzino en soos my Wetenskaplike brein mos nou is, wil ek ALLES weet oor die maatskappy, die produk en farmakologiese protokol ens. Ek neem ʼn wyle om deur die magdom van inligting te werk want ek soek ʼn langtermyn plan om vorentoe te gaan want ek glo nie in ʼn kitsoplossing vir my probleem.

Na 6 weke is ek oortuig ek gaan die stap neem, ek en Mariaan doen toe die eerste Balance test “droeë bloedtoets” wat na Skandenawie gestuur word om immuniteit te bepaal en al die nodige inligting te bekom om te weet wat die pad vorentoe gaan wees. Ek was eers skrikkerig want, kostes!!! Dit was nie ʼn duur lopie nie en die resultate was binne 2 weke beskikbaar. My omega 3 vlakke was bitter laag en my omega 6 deur die dak te hoog…en ook ander interessante tekorte. Hierdie telling moet omgekeerd wees. Ek begin met Zinzino se Zinbiotic(pro-en prebiotika) asook die Balance oil. Teen week 4 kon ek ʼn groot verskil begin voel in die sensasie in my vingerpunte en ook my konsentrasie vlakke. My energie was weer terug en oor die algemeen voel ek regtig baie beter. Ek het toe ook begin met die multi-vitamien “Xtend” en dadelik die verskil gevoel in energie vlakke wat konstant bly. In ʼn baie stywe pas kan ek nie meer sonder die drie produkte funksioneer nie. Ek voel dit aan my lyf die oomblik as ek vergeet om my daaglikse dosisse te neem. Is hierdie volhoubaar? Vir myself, ja want ek wil nooit weer so swak voel soos ek gevoel het.

Die volgende produk wat ek ook probeer het en dit vir my kinders tydens eksamen gegee was die VIVA produk van Zinzino. Baie goeie alternatief om konsentrasie vlakke konstant te hou, gepaard met die Zinbiotic en ʼn goeie gebalanseerde leefstyl veral ʼn ontbyt voor die eksamens.

Soos ek en Mariaan deur die vergaderings gewerk het omdat ek haar gepeper het met vrae oor die produkte en ook hoe om dit te koop…het ek ook uit gevind dat dit ʼn besigheid kan word. Dus as jy ʼn ekstra inkomst wil genereer…kan jy ʼn netwerk vennoot word. Ek is nog besig om die “ropes” van die besigheids kant te leer! Ek is opgewonde oor die toekoms van die produkte in SA want dit kan soveel lewens beter maak en inflimasie in die liggaam verlig, konsentrasie vlakke help bevorder en vele meer positiewe dinge.

Ek het ‘n bederf pakkie van Mariaan ontvang met ‘n Skin serum in. Hierdie serum trek my 50 jarige plooie baie netjies bymekaar en voed tot diep onder die vel. Daar was onmiddelik ‘n sigbare verskil. Ek gaan verseker NIE weer sonder hierdie roompie nie.

Ek tans ook besig met ʼn reeks van praatjies en skryf stukke om te kyk na Immuniteit bou om inflimasie in die liggaam te verlaag. Ons gaan Zinzino in bring saam met gesonde leefstyl gewoontes en dit sluit aan by ʼn goeie spyskaart en opsies. Hou dus dop vir die reeks wat gaan afskop.

Indien jy meer wil lees oor die produkte kan jy die volgende skakel volg: Zinzino , indien jy produkte wil bestel en nie seker is, kan jy my epos by: zinzinoap@gmail.com. Ek bring julle dan in kontak met Mariaan om jul verder by te staan. Mariaan het vir die lesers ook ʼn spesiale aanbod beskikbaar op Zinzino se produkte vir Junie en dan weer in Julie wat jul direk by haar kan aankoop en nie nodig het om via die netwerk aan te skaf.

Ek sien uit daarna om my reis met julle te deel en my pad na beterskap.

Groete

Annelien Pienaar