Feta kan geneig wees om baie sout te wees maar in hierdie heerlike romerige mousse resep balanseer al die smake perfek uit.
Wenke vir Feta Mousse
- Soms voeg ek bietjie bloukaas by hierdie mengsel van Feta Mousse, soms bietjie fyn gekapte biltong vir ‘n anderste geur.
- Jy kan ook oorweeg om gekapte piekels van keuse by te voeg na smaak. Voeg hierdie eers heel laaste voor bediening by anders maak die suur in die piekels die mousse pap.
- Ek vind dit ook ‘n mooi geskenkie om die mousse in ‘n botteltjie te spuit vir piekniek mandjies of grazing boksies. Hoe dit ook al is, dit maak uit vir ‘n ongelooflike heerlike bederf.
Bestanddele vir Feta Mousse
- 200 g Danish Fetakaas of gewone feta, fyn gekrummel
- 125 ml (½ k) room
- 125 ml (½ k) suurroom
- 5 ml (1 t) gelatien geweek in (45 ml) 3e water
- 45 ml (3 e) mayonnaise
- Paar knippies gedroogde dil of tiemie
- ¼ t knoffel (opsioneel) knoffel moet regtig net effens wees.
- Peper na smaak
Metode vir Feta Mousse
- Sprinkel gelatien oor water en laat vir 5 min hidreer, moenie roer nie. Sodra dit lyk soos rubber plaas die houertjie in bietjie kookwater sodat dit kan smelt tot ‘n deursigtige stroop kleur.
- Verhit die room en feta saam, maar nie kook. Verwyder van hitte en roer die gesmelte gelatien by. Roer baie goed deur en voeg dan die res van die bestanddele by. Blits deur vir ‘n minuut met ‘n blender stokkie.
- Laat die mengsel in ‘n mengbak dan afkoel tot kamer temperatuur.
- Plaas in yskas vir 60 minute en sodra dit begin set, klits dit met ‘n menger tot ‘n mousse tekstuur.
- Skep of spuit in bakkies of botteltjies.
- Stoor vir 4 weke in die yskas.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2020
Hoeveelheid: 500 ml volume of genoeg vir 15-20 porsies
English version
200 g Feta, crumbled
½ cup fresh cream
½ cup sour cream
1 tsp gelatine sponged over 3 tbsp water
3 tbsp mayonnaise
Few pinches of dried dill
¼ tsp garlic (may be optional) but why not?
Place cream into a small pot or work in a glass container for microwave cooking. Add the feta and bring to a boil. Once boiling remove immediately from heat.
Add soaked gelatine and stir till smooth. Add the rest of the ingredients and set aside to cool. Once cooled refrigerate for an hour or longer to set.
Whip the mixture until it is fluffy and have a mouse consistency.
Store in airtight containers for up to 4 weeks
Yield: 500 ml (recipe may be halved)