ʼn Heerlike gegeurde growwe sout sprinkel kan basies by enige etenstafel bedien word. Vanaf Bagels, vis, slaaie, oop broodjies, quiches, souse en patee’s maak hierdie die perfekte pasmaat. Die geure balanseer perfek uit. Meer nog dit maak die mooiste geskenkbotteltjies om vir ʼn spesieale persoon te gee. Hierdie resep het jare gelede oor my pad gekom toe ek oorsee leer Bagels en Bretzels bak in Sanfranciso. Hoop julle geniet hierdie heerlike bros laag.

1 k wit sesame saad
1 k swart sesam saad
1 k gedroogde uie vlokkies, effens fyner gekap in voedsel verwerker
½ k knoffel vlokkies (jy kan meer na smaak byvoeg) maks 1 k
75 ml (5 e) medium growwe see sout
60 ml (4 e) papawersaad
1 t rysmeel

Meng al die bestanddele saam en vul mooi glas bottels met groot gaatjies in die proppies om sprinkel makliker te maak of alternatiewelik, gooi in groter bottels waarin ʼn mooi lepeltjie kan pas.

Stoor in donker kas dig geseel vir 6 maande.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2006
Hoeveelheid: 2 ½ k ongeveer.